Saturday, August 1, 2009

HY WAT IN DIE DUISTER WANDEL

HY WAT IN DIE DUISTER WANDEL





Kortverhaal deur Witleeu


HOOFSTUK EEN.


Die maan loer spookagtig oor die donker rug van die lang uitgestrekte bergreeks. Spookagtige vlieswolke skuifel voor die strale in en verander die amper verlate vlakte in ‘n doolhof van abstrakte skadus. Die ysige windjie klief deur die kranse, huil om die rotswande en jaag dan bergaf die tolbosse deur die gronbedekkings tot doer anderkant teen die populierbos se rand vas - waar hulle opgehoop wriemel soos ‘n klomp verskrikte diere. Bo in die toppe van die reuse ritsel die blare as die snerpende boodskapper sy tyding met ‘n hol klank tussen die stamme deur verkondig. Ver oor die stikgiet nag weerklink die treurige geroep van‘n eensame jakkals as hy sy maat uitnooi vir die jag. Krieke vertel hier en daar hul verhale van hul kortstondige bestaan. Die nag is verder onheilspellend en stil.

Teen die hang van die donker berg is die meeste van die psigiatriese inrigting se ligte al gedoof. Die 10-uur aandklok reel word streng nagekom, en geen pasiente word toegelaat om na die spertyd uit hul kamers te wees nie, behalwe wanneer verlof toegestaan word om ablusie geriewe te gebruik. Op ‘n koue nag soos hierdie het geen siel in elk geval die lus om hul voete op die yskoue betonvloer te plaas nie. Die stil siloeette op die lang rye beddens in die grootsaal vertel vir Sandra Pretorius sy kan haar solank regmaak vir ‘n rustige nagskof. As saalsuster het sy al haar take uitgerig na oorname vanaf die dagskof. Al wat nog voorle, is ou Mnr. Korf se anti-depresante wat hy om 01h00 moet kry. Sy voltooi haar inskrywing in die medisyneboek-en plaas dan twee tablette in die plastiese houertjie voor haar. Die ronde muur horlosie voor haar teen die lysie tik-tik sy minuutwyser na twintig oor elf. Alles in haar saal is grafstil- net die nou en dan se gehoes van tannie Roux versteur die stilte.

Sandra staan op en skuif haar stoel agteruit. Die pote skuur met ‘n knarsgeluid oor die houtvloer in haar kantoor. Sy loop uit die kantoor met die gang af na die kombuis om vir haar ‘n koppie koffie te gaan aanslaan as verweer teen die ysigheid. Sy trek haar ligte werkstrui stywer om haar bolyf as sy deur die donker gang haar pad vind na die vertrek wat heel agter in die saal oorkant haar eie gelee is. Sy moet die sementgang kruis wat vanaf die teater tussen die sale deurloop. Sandra verwens die hospitaal owerheid dat hulle nog nie gereageer het op haar klagte oor die ligte nie. Dit is pikdonker in die ander saal- en net die flou straatlig maak ‘n onderskeid tussen die geboue en totale donkerte. Haar skoene dreun swaar oor die plankvloer wat lei na die sementvloer in die volgende saal. ‘n Rilling trek deur haar ruggraat as sy die ander saal betree. Die rye beddens is doodstil en spookagtig vandat hulle die pasiente geskuif het na saal 13 verder op in die hospitaal. Haar saal is die enigste wat nog oop is in die ou vleul.

Sy haas haar deur die saal tot by die kombuisie en soek – soek met haar hand na die skakelaar van die kombuislig. Sy kry hom uiteindelik en was net in die proses om die skakelaar aan te sit- toe sy skielik die greep van ‘n yskoue hand om haar pols voel. Vir 'n moment verstar sy in haar spore. Haar verstand weier om te snap dat iets haar werklik beethet. Dan ontwaak sy uit haar stupor. Sy begin ruk met al haar mag, maar die krag van die ander was eenvoudig te veel. Sandra uiter ‘n gil en vlieg kort-om om die hasepad te kies- dan gryp ‘n hand haar om haar mond en smoor haar kreet. Met al haar krag tot haar beskikking beur sy vorentoe in ‘n poging om die houvas te breek- maar die hand klem net stywer. Die volgende oomblik ontplof alles voor haar oe as sy ‘n ontsettende pyn deur haar rug voel klief. Naarheid oorweldig haar en sy voel lighoofdig. Sy voel hoe ‘n voorwerp in haar rug verder ingestamp word, en weer, en weer- totdat alles om haar begin draai en sy verswelg word deur ‘n donker kombers van bewusteloosheid. Met ‘n sagte plofgeluid syg sy op die grond neer. Om haar liggaam wat floutjies spasties ruk, is die bloedplas besig om ‘n groot poel te vorm- en stadig haar te dreineer van haar lewensvog. Bo haar buk ‘n groot donker gestalte af , ruk die groot lem uit haar lewenslose liggaam, en vee dan die taai kombuismes skoon teen haar uniform. ‘n Sadistiese grynslag ontplooi oor sy mond hoeke. Nommer drie vir vanaand. Hy voel die satisfaksie in hom opwel as hy besef hy het die mag oor lewe en dood solank hy onopgemerk sy wraaktog kan voortsit in die duisternis. Die gedagte maak hom voel hy is in beheer. Hy neem sy wraak teen hierdie sondige verwronge wereld wat hom in hierdie malhuis geplaas het. Hulle kon hom net nie uitlos nie- daar waar hy op sy eie in sy oorlede ma se huis gewoon het nie. Hulle moes aanhoudend hom teister, hom spot oor sy hoepelbeen, met hom lol. Hy wou net rus en vrede gehad het- hulle moes hom net uitlos, maar nee- toe kom hammer daardie ander vuilgoed mos daardie dag aan sy deur. Hy het vir hom gese hy moet loop- maar toe stamp die swernoot sy deur oop en kom skreeu op hom dat hy mal is. Dit is nie sy skuld dat hy sy humeur verloor het nie. Die vent het gekry wat hy gesoek het. As hulle nie sy lyk in die kloof gekry het nie- sou alles nog goed gewees het- maar toe sleep hulle hom tronk toe- slaan hom en skop hom- en nou gooi hulle hom hier in! Hy sal wraak neem vannag- en almal wat hom gespot het, uitwis. Hy sal hierdie goddelose mense hier vannag ook gee wat hulle toekom.

Hy sluit sy oe- haal diep asem- en sy verwronge gedagte dwaal na die lykshuis teen die grensdraad waar die twee portiere en verpleegster besig is om die otopsie tafels skoon te maak. Hulle gelag bereik sy ore. ‘n Goeie idée- ook hulle sal moet betaal vir hulle aandeel aan die sonde. Die gelag deurpriem sy verstand- maak hom rasend. Hy druk sy ore toe om dit nie te hoor nie- gaan sit op sy hurke en begin onbedaarlik te huil. Vir ‘n ruk sit hy so- wiegend – kopskuddend- dan skielik, asof hy uit ‘n diep beswyming wakker word, spring hy regop. Hy hoor die hospitaal se nood alarm afgaan. So- dan het die gespuis die ander sondaars wat geboet het ontdek. Hy besef hy sal moet moet uit- uit die plek wat hom doodsmoor- uit om die ander ook te laat boet-maar eers moet hy met die ander wat vir hom lag ook afreken! Met vinnige afgemete tree loop hy die saal uit en kies koers na die lykshuis toe om sy vergeldingstog te gaan af rond, dan sal hy uitbreek en die ander gaan laat boet wat hom gehoon het. Hy moet sy taak voltooi. Die stemme in sy verstand por hom aan....hy moet....hy moet...


Langs die hoofpad tussen Hannover en Colesberg sit konstabel Johan De Swardt en tuur oor die vlakte.Hy is moeg.Hy moes gister sy skoonma help trek. Teen vyf uur was hulle nog nie klaar nie- en hy moes inderhaas alles net so los en gaan klaarmaak vir sy nagskof. Patrolliediens. Konstabel De Swardt was nie een vir die soort diens nie. Alleen moes hy die pad tussen Beaufort-Wes en Hanover patrolleer- waarom weet nugter. Nooit het iets ooit gebeur nie. Hy het al dit ‘n roetine gemaak om tot hier by die stasietjie op Hanover te ry- by die klein winkel iets te eet te koop- en dan maar net hier langs die pad te stop en ‘n uiltjie te knip. Nog nooit het hy eintlik nodig gehad om uit te klim nie- selde kom hier ooit ‘n voertuig verby- net die groot vragmotors wat nou en dan die sesuur spertyd verontagsaam, maar hy het ook al geleer om hulle hul gang te laat gaan. Net as een te gevaarlik defektief is, sal hy hom aftrek. Dit is al die 4de Februarie 1960- en hy wonder wat die res van die jaar gaan inhou. Soos dit nou gaan- seker maar die ene eentonigheid vir die res van die jaar. Hy sou eerder in Kaapstad of die een of ander groot sentrum wou wees waar daar darem aksie is, maar nee- Pretoria het hom hier in die vlaktes kom plak! Vier jaar- vier jaar sit hy al aansoek vir ‘n oorplasing in- en vier jaar lank kry hy dieselfde antwoord. Hy skud sy kop en slurp aan sy fles warm sop toe sy radio skielik sy kode roep. Hy gryp die mikrofoon en antwoord. Uiteindelik iets om hom uit sy lomerigheid te help! Die operateur- sy sersant- klink uit asem as die hom beveel om dadelik na die inrigting vir versteurdes sowat tien kilometer agter hom te gaan- daar is mense glo vermoor- en ‘n gevaarlike versteurde het ontsnap. Verdere besonderhede sal volg- en hulp sal gestuur word.

Konstabel De Swardt plak die fles se deksel op. Hy voel die tinteling deur sy are gaan- uiteindelik aksie. Met ingehoude asem skakel hy die Chevvy 2 aan en klap die sirene en blou lig aan- nugter weet hoekom, want die pad lyk soos ‘n begraafplaas. Met tollende wiele maak hy ‘n u-draai en skiet weg terug vanwaar hy gekom het. Gedagtes maal deur sy kop. “Moord-hier? Wie sal nou in so ‘n plat kaal wereld moord wil pleeg?” Hy bepeins die gedagte oor en oor totdat hy die afdraai na die inrigting vat. Met sleepende wiele kom hy uit eindelik voor die hoof ingang van die hospitaal tot stilstand. Mense krioel en maal voor die ingang- en bestorm sy motor toe hulle hom sien. Vinnig spring hy uit en word byna onderstebo geloop deur die hoof matrone- suster Bekker. “ Konstabel…konstabel…ag Vader…help…jy moet kom kyk…so baie lyke..bloed..asseblief….ag Vader..kom gou..” begin sy histeries gil en sleep-loop met hom die trappe uit. Hy spring die trappe drie-drie uit agter die groot vrou aan en draf saam met haar die gang af tot by die ingang van ‘n saal. Daar gekom-stop sy skielik en gaan onbedaarlik aan die huil. “ Ek…ek dink u moet liewer self gaan kyk…ag Vader…sy was so jonk…daar is meer af ondertoe.” Konstabel De Swardt gaan die kantoor binne. Die gesig wat hom begroet laat hom yskoud. Selfs die gehardste polisiemanne sal hier teruggedeins het. Op die vloer, op haar rug- le ‘n jong verpleegster in ‘n plas bloed- haar keel morsaf gesny. Haar oe staar glasig na die dak- niks siende en leeg. Bloedspatsels sit teen die mure vas en hy voel die taaiheid onder sy skoensole. Dat sy buite enige mediese hulp is, kan hy alte goed sien. Hy vlieg om en nael na die volgende vertrek wat die suster hom uitwys, en die volgende-en die volgende. Orals lyk dit dieselfde- ‘n slagting wat hy in sy wreedste nagmerrie nie kon beskryf nie. Hy draai na die suster.” Hoe…wie…wat het hier gebeur?” stotter hy. Die ou matrone wag tot sy haar asem terugkry:” Een van ons pasiente- Robert Guillaume. Hy was van moord op Laingsburg aangekla- en hiernatoe gestuur vir evaluasie. Hy het mal geraak en toe dit gedoen- en toe ontsnap” stotter sy deur die trane. Konstabel De Swart staar in ongeloof na haar.” Een man..net een?” Sy skyd haar kop erkennend.” U moet sy grootte sien meneer…hy sal nie by daardie deur inkom nie…die arme kinders het nie ‘n kans gehad nie…hy is ‘n monster” snik sy. Konstabel De Swardt laat nie op hom wag nie. Soos blits vlieg hy om en laat spaander na sy patrolliemotor om versterkings te ontbied vir ‘n uitgebreide soektog.


OOFSTUK DRIE

Die trein rammel verby op sy lang tog na Kroonstad toe. Die treindrywer op die voetplaat in die voorste lokomotief trek sy toeter vir die eensame voertuig wat knus weggesteek staan langs die spore. Hy ken al die omgewing- en weet dit is weer ‘n jong paartjie wat opsit en privaatheid kom opsoek het hier by die spore. Hoe lank al ry hy hierdie roete. Elke tweede nag as hy hier verbykom, staan daar ‘n ander voertuig-soms twee of drie. Hy dink kopskuddend aan sy jong dae…hoe hy ook maar die dinge so skelm-skelm moes doen met sy Alberta….dit was nog in die vroeer jare…..doer in Leeu Gamka se wereld. Hy peins nog vir so ‘n ruk oor die heengaan van sy ou eggenote- en konsentreer dan op sy volgende sinjaal wat rooi vir hom daar ver in die donkerte wink.

Elmarie Steyn skuif haar meer behaaglik reg sodat sy gemakliker is in die passasier sitplek. Sy en haar verloofde- Chris Opperman- gaan al drie jaar uit. ‘n Mens sou dink haar ouers sou teen die tyd al gewoond geraak het aan hulle verhouding- maar haar pa bly nog streng gekant teen ‘n gevryery in die openbaar. Chris studeer as posmeester in Paarl-en sy sien hom net naweke. Die enigste plek waar hulle kan privaat wees, is hier by die vryershoek langs die treinspoor. Soms is hier ander jonges ook- maar hulle jongklomp het ‘n ongeskrewe reel- sien niks-en se niks, dan is daar niks. Sy geniet sy aandag, en gooi haar kop agteroor as hy haar saggies in die nek soen. Sy wil graag haar alles vir hom gee, maar nugtere denke keer haar keer op keer. Hy moet eers af studeer. Sy self is nog op skool in Wochester. Sy moet nog een jaar voltooi- dan is sy op haar eie. Sy laat hom toe om haar te vertroetel, te soen- en sy liefde uit te stort. Dit is net na sewe- en die aand is nog jonk. Hy stop skielik en kyk na haar.” Marie..ek bemin jou my engel..en as ek eendag kwalifiseer- wil ek graag he jy moet my vrou word” fluister hy. Sy streel sy hare.” Kom ons wag eers tot dan…nou is veels te vroeg…ek sal vir jou wag” koer sy bemoedigend. Hy glimlag en gee haar ‘n piksoentjie. “ Terwyl jy wag, gaan ek gou antwoord gee aan die roepstem van die natuur” terg hy en maak sy deur oop. “ Maak toe jou oe- ek gaan sommer agter die boom staan” skerts hy en klim uit. Draf-draf sit hy af na die ou Wilgerboom langs die motor. Sy glimlag en skud net haar kop.” Mans sal kinders bly” dink sy by haarself en le agteroor en sluit haar oe.

Elmarie weet nie hoe lank sy gewag het nie, maar toe sy die takke van die ou boom hoor skuur teen die voertuig se dak- besef sy Chris bly taamlik lank weg. Sy reken dat die natuur miskien ‘n ander roepstem gebruik het- en die arme Chris sit in ‘n penarie. Sy giggel hardop en le weer agteroor. Sy wou net weer indut toe sy met ‘n ruk regop spring toe ‘n helder lig so tien tree langs haar skielik die wereld om haar verlig en ‘n stem oor ‘n eter haar roep. Haastig en verward draai sy die ruit af. Duidelik kan sy nou die polisie uniforms in die skerp ligte van hulle voertuie en hul spreilampe sien. “Dame…luister asseblief…doen net wat ons jou se…moet niks skielik doen nie. Klim uit die voertuig en kom stadig na ons toe gestap.Moenie terugdraai of tyd mors nie- kom asseblief dadelik hierheen!”beveel die stem. Elmarie is uit die veld geslaan. Waar is Chris? Sy begin bewe en klim uit die motor. Asof in ‘n droom loop sy in die polisiemanne se rigting. Sy sien hulle kyk verby haar- en tot haar skok het almal hulle wapens gerig op iets agter haar! Toe sy by die groep geregs dienaars kom, swaai sy om en staar na waar hulle kyk. Skielik verlaat die bloed haar gesig- haar bene raak lam- en vou onder haar. Daar- op die dak van hulle voertuig- in die skerp ligte- sien sy ‘n monster van ‘n man sit en trek ‘n voorwerp heen-en –weer oor die dak van hulle voertuig. Sy knip haar oe-en tot haar ontnugtering herken sy die voorwerp. Die monster was besig om die onhoofde Chris se kop oor die dak van die voertuig te trek! Sy voel die donkerte oor haar neersyg- en was nie eers bewus van die polisiemanne as hulle vorentoe storm na die makabere toneel toe nie.

DIE GEES WAT NIE WOU RUS

DIE GEES WAT NIE WOU RUS




Die volgende verhaal het hom afgespeel in die jare ’80 terwyl ek in Pretoria gebly het. Ek weet tot hede toe nog nie of ek die gebeure heeltemal kan glo of nie- alhoewel die bewyse onteenseglik daar was -of liewer is-en omrede dit met een van my familielede gebeur het. Ek gaan die verhaal dan nou aanbied soos my eie geheue dit dan toelaat.


My eggenote het ‘n ouer suster. In hulle gesin is hulle dan ook net twee dogters en drie seuns. Nou- vandat ek kan onthou, is haar suster maar gereeld deurmekaar gewees met die bonatuurlike- of dit nou okkultiese bedrywighede was- met mense deurmekaar was wat die okkulte beoefen het- of self ‘n paar ongewone dinge aangevang het- iets in die donkere wereld het haar altyd gefassineer. Mevrou self het al talle maal sonder tal haar dan ook aangespreek oor die tipe van tyd verwyl- en haar daarop gewys dat dit teen die Heilige Skrif was, maar wat moes spook- die het ousus haar mee deurmekaar gemaak.

Ek het later van tyd met haar gaan praat- maar soos my eggenote- geen hond haaraf kon maak nie. Die dreksels waarmee sy haar geassosieer het, was om die minste te se- uiters onsmaaklik en donker van die bose! Altyd het die kreature saam met haar kettings as versiersels gedra, in swart tooisels rond geparradeer- demoniese tekens uitgestal- en as jy in haar woonstel inkom, het jy daardie eienaardige donker gevoel van boosheid om jou gevoel- so asof jy nie kon asemhaal nie.

So het dit dan gekom dat sy na haar egskeiding van haar eerste man- alleen in ‘n woonstel in Sunnyside gelee te Troyestraat no 501 gaan woon het. Sy het die woonplekkie gekoop as belegging. In hierdie tyd van eensaamheid het sy dan ook as depressielyer erg deur diepe waters gegaan. So erg was haar insinking dat sy op ‘n tydstip van haar dekadensie gekom het wat sy nie meer verder wou lewe nie- en het ‘n klomp tablette gedrink. In haar toestand is sy toe in die hospitaal opgeneem- waar sy toe haar tweede liefde ontmoet wat as portier daar gewerk het. Die mannetjie was ook seker maar nie die skerpste potlood in die pakkie op skool nie, maar dit daar gelaat. Toe sy nou uiteindelik ontslaan word- het die verhouding sterker begin raak- en die liefde het toe saam by haar in die woonstel ingetrek.

Dinge het begin rooskleurig vir haar lyk- en die tweetjies het saamgebly en al die dinge gedoen wat getroudes sou doen. Niemand het ‘n woord gespreek oor die nuwe verwikkelinge nie en gehoop sy sal nou haar eie potjie krap en die probleme sal ook nou begin verdwyn. Skoonpa was maar woelig met die humeur aangaande ousus se blits verhouding- maar ek glo die oubaas het van beter geweet en haar maar haar gang laat gaan. Op die stadium het ek en mevrou met ons oudste dogter- wat ses jaar was – te Silverton in Pretoria gebly- sowat tien kilometer van ousus af.

Dinge het maar hul gang gegaan- tot een oggend- so om en by drie uur se koers- toe ek en mevrou met ‘n skok uit onse droomwereld geruk word deur ‘n gehammer aan ons voordeur. Vervaard vlieg ons orent, gryp die nodige kledingstukke- en laat vat deur toe om te sien wie nou die tyd van die oggend so kapabel is om die hele buurt wakker te timmer. Die deur word toe oopgemaak- en wie staan toe daar-Ousus en haar liefde met oe so groot soos sopskottels en asems wat jaag soos twee resiesperde wat pas die “ July Handicap” gehardloop het. Nou ja- ons het hulle maar dadelik ingenooi alvorens die bure ook aanstons aan die geraas wou deelneem- en het hulle toe maar koffie aangebied. So tussen die gehyg deur- het hulle dievolgende verhaaltjie aan my en mevrou vertel:

Soos ek kan onthou- het sy en neef Gert- dit was liefde se naam- in die bad gesit die aand. Gert het met sy rug na die krane toe gesit- en sy aangesig was na die badkamer deur. Sy het voor hom gesit- met haar gesig na hom toe. Hulle was blykbaar nog so aan die bad- toe hy met ‘n skok na agter haar kyk. Sy het omgedraai- en in die deur van die badkamer sou hulle sien dat daar ‘n jong meisie staan in ‘n blou nagjurk- en die staan net en kyk vir hulle. Baie verbaas oor die onwelkome besoeker wat hulle privaatheid skend- vlieg neef Gert op en klap die badkamer deur toe. Hy trek toe aan- en storm daar uit om die jonge nooi op haar plek te gaan sit. Buite in die gang gekom- was die meisiekind skoonveld! Relatief vies- stap hy toe na die voordeur toe om die te gaan toemaak- net om uit te vind die deur is toe- en boonop met die skuifslot van binne af gesluit ook!


Baie verbaas maak hy toe seker alles is wel gesluit- en keer terug bad toe. Hy het skaars ‘n ruk gesit- toe is die meisie weer aan’t kyke by die badkamer deur. Gert vlieg toe op en klap die deur weer toe- trek aan- en herhaal die proses van deur nagaan weer ‘n keer. Hy loop toe deur die woonstel- en maak seker die dame kruip nie dalk iewers in die woonstel weg nie- maar kom toe met lee hande terug. Weer het Gert hom skaars tuisgemaak in die bad- of wragtig- daar staan sy weer in die badkamerdeur. Teen die tyd moes altwee besef dat hierdie nie een van jou gewone afloerders was nie- iets vreemds is aan’t gebeure- en hulle het uit pure skok net so bly sit en staar na die gedaante. Nou ja- soos ek die res van die verhaal verstaan- was hulle nog so aan’t gisse oor wat om volgende te doen- toe die gedaante verdwyn- net om ‘n paar minute later weer haar verskyning te maak- hierdie keer met ‘n oopgesnyde keel en bloed wat oral op haar naggewaad stort. Die bloed het blykbaar ooglopend uit haar slagaar gespuit- so erg dat die deurkosyn die ene spatsels was! Op die vloer het die bloed ‘n plas gevorm- en net waar hulle kyk- was bloed! Sy het wanhopig met haar hande die nek aar probeer toedruk- en hulle hulpeloos aangestaar asof sy redding soek.

Die twee het besluit genoeg is genoeg- en het daar en dan opgevlieg- klere in ‘n ommesientjie aangetrek- en sommer deur onse gees laat spaander! Hulle is toe daar uit die woonstel uit en straat af! Met die hardlopery- kyk ousus toe terug na die woonstel- en toe sou sy sien die gedaante staan in hulle kamervenster vir hulle en kyk! Nou ja- dit was blykbaar die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek het- hulle vat die pad toe- die hele tien kilometer- na ons toe. Soos ek toe verstaan- het hulle dit dan ook gehardloop! Nodeloos om te se- dit het nou nie saak gemaak hoe hard ons probeer nie- teruggaan die wou die twee nie- nes twee steeks donkies- en ons moes maar liefs bedmaak en hulle akkommodeer vir die duur totdat ‘n ander plan gemaak kon word.

Hoe lank hulle sou vertoef het- is moeilik om te se- en hulle sou seker nou nog by ons gebly het- toe daar skielik hulp uit ‘n ongewone oord opdaag. Mevrou het met haar kerk byeenkomste die besondere situasie aan iemand in die gemeente bespreek- toe die haar ‘n dame se naam gee wat op ‘n christelike wyse die tipe goed kan verdryf. So gese – so gedoen- ek moes die spesiale dame maar skakel- ene Mariaan- en sy het vriendelik ingestem om die woonstel- wat nog oopgestaan het- te besoek. Twee dae later het sy ook so gedoen- en bevestig dat toe sy instap die aand- toe wag onse gedaante vir haar in die sitkamer! Mariaan was ook blykbaar nie bang vir die gedaante nie- en vra haar wat sy wou he. Die gedaante het haar net met stilte begroet en met die vinger na die een muur gewys- maar niks gese nie. Mariaan het haar toe in die naam van Christus bestraf en beveel om die woonstel te verlaat- en toe olie aan die kosyn geverf. Nadat sy die bloed van onse Heer oor die woonstel uitgespreek het- het sy ons geskakel en gese dat sy die woonstel besoek het. Met die besoek het die Gees haar gewys dat die bose hooggety vier in die plek- en sy het baie werk gehad. Na sy so drie ure besig was- was die plek skoon en ousus- hulle kan maar terugkeer- die gestorwe gees is terug na waar sy hoort- sy sal nie meer pla nie.

Ousus en liefde is toe terug- en soos Mariaan gese het- geen verskynings het toe meer plaasgevind nie. Ek het uit nuuskierigheid toe gaan navraag by die polisie doen of hulle enige rekords het van enige voorval in die betrokke woonstel- en het taamlik beroerd uit die polisie kantore gestap! Ja- vertel hulle my toe- vroeg in 1982 het ‘n jong dametjie daar gebly. Sy was verloof aan ‘n polisiebeampte wat iewers in Pretoria diens gedoen het. Soos mense maar is- het sy toe ‘n oog begin kry vir ‘n ander jong man- en haar verloofde het dit uitgevind. Blind van jaloesie en woede- het hy na haar woonstel- dieselfde een- gegaan en haar gaan konfronteer. Die hele sak patats het uitgekom- en in ‘n waansinnige bui van ongekende wraak- het hy ‘n slagtersmes in die hande gekry- en haar drie en twintig keer gesteek- en daarna haar keel so-te-se morsaf gesny net om seker te maak sy sal nie meer kan lewe nie.

Na die grusame gebeure- het hy blykbaar volgens polisierekords- homself gaan oorgee by die polisie- en gese die motief vir die grumoord was dat as hy haar nie kon kry nie- niemand anders haar sou kry nie! Hy is skuldig bevind – lewenslank gevonnis-en is tans nog in die Sentraal Gevangenis te Potgieterstraat. By verdere navraag by die opsigter van die woonstel- is ek meegedeel dat die bloed teen die sitkamer muur so erg was- dat na vyf lae verf die bloedkolle nog steeds deurgeslaan het! Ek het self gaan kyk- en waaragtig- die donker kolle was duidelik sigbaar as jy ‘n skerp lig daarop sou skyn- jy kon duidelik die kolle en spatmerke sien! Die opsigter het my- nadat ek hom gevra het oor hoekom die ding nie rugbaar gemaak was by die koop transaksie nie- meegedeel dat niemand wat van die gruverhaal geweet het- die woonstel wou koop nie- en is toe teen ‘n appel en ‘n ei aan Ousus verkoop- tesame met die stilswye.

Ousus het na die petalje ook nie meer lus gehad om verder in die gebou te bly nie- en het die woonstel in die mark geplaas vir dieselfde prys as wat sy die bank verskuldig was- en so onmoontlik soos wat dit mag klink- het iemand anders tog daar ingetrek, salig onbewus van die gebeure- nes Ousus!

Soos hulle se- “ If you play with fire- the chances are good that someday you are going to burn your fingers.” Sederdien het Ousus besluit om liefs te staak met haar ongewone buitemuurse bedrywighede en lei vandag ‘n heel bestendige lewe- hier in die teenswoordige.


OOM THEUNS SE VERHAAL

OOM THEUNS SE VERHAAL




Dit was ‘n baie stormagtige nag, laat in Januarie 1997 toe ek een aand by oom Theuns Riekert, bekende varkboer daar van Hammanskraal se omgewing- gaan inloer het. Nou oom Theuns was ‘n baie gesellige ou kerel…altyd vol kwaksalwers. Ek het die oubaas een dag ontmoet terwyl ek gaan kuikenvoer koop het by die Ko-operasie daar op die Ou Warmbadpad neffens Rooiwal.

Oom Theuns het daar duskant Hammanskraal gebly op ‘n groterige plot. Wat ek van die opset gehou het, was die feit dat al die geboutjies in Rondawel vorm gebou was- regte vakansie-tipe atmosfeer.Oom Theuns se opstal het bestaan uit een groot rondawel- en twee kleintjies- met natuurlik sy motor-afdak en hoender le-hokke aan die kante. Dit is ook juis hier waar ek die grootste “Roman” spinnekoppe in my lewe gesien het. Vader- die goed was so groot soos pierings…en net so astrant. Oom Theuns het natuurlik nie homself baie bekommer oor die kreatuurtjies nie- en het sommer die gediertes so eenkant toe geskop as hulle almintig beneuk so voor hom gaan staan en daardie voorpoote so oplig om te baklei. Ek – aan die ander kant- het maar so U-Draai om die omgesukkelde Arachnidas geloop…nie lus gehad vir ‘n onderonsie met die goedjies nie.

Nou ja- soos ek gemeld het- het ek toe die aand na werk- so ‘n lieplapper draaitjie by oom Theuns gaan maak- hy was ‘n aangename man om mee te gesels, en wereld- kon sy vrou- ta’ Hester- vir jou die lekkerste pot egte Boeretroos en tuis gebakte beskuit optower! Sy was so gesette tannetjie wat kronies voorskoot gedra het- eg boervrou. Wanneer ek ook nou daar uitslaan, het die ou tannie my altyd so-om die lyf gegryp- en my ‘n stewige druk gegee…manne, kon die tannie vasvat.

Oom Theuns het die deur oopgemaak toe ek-windverwaaid- en papnat van die Hoeveld stormreen- teen sy deur hammer. Hy was so oomblik half verbaas- en het toe sommer dadelik die deur oopgemaak en my binne genooi. Soos ‘n nat hoender het ek half in die huis ingestrompel-val. Oom Theuns het my so oomblik gade geslaan- en beginne lag. “Jinne Andries…Jy lyk nou kompleet soos een van die nat twaksakke in my skuur broer….trek uit jou baadjie en hang hom sommer daar in die kombuis voor die stoof..”- het die oue my genooi. Met die kom ta’ Hester om die draai van die sitkamer. Sy gee my een kyk- en glimlag ook maar. “Andries…kind- kom- ek vat sommer jou baadjie….kan ek vir jou koffie bring…siestog- jy is seker verkluim- moenie jou aan die oom steur nie. As dit so stormweer is- raak hy so bietjie ketools in die kop”- en hiermee gee sy oom Theuns so egte boere gemaakte uittrap.

Ek en oom theuns het ons toe maar in die sitkamer gaan sitmaak voor die kaggel. Oom Theuns het sy kragtige kort Je Taime Sigarillos uitgehaal- en my een aangebied. Ek het baie diplomaties dit van die hand gewys- ek was eenkeer dom genoeg om sy aanbod te aanvaar- en gesweer nooit weer nie. Daardie aaptwak het al die Karbon Dioksied uit my vergasser uit geblaas- ek kon amper vir die volgende minuut nie asem kry nie- en het daar gesit en hyg soos ‘n klein brakkie wat leer loop. Ek het liewer maar een van my meer konvensionele “Gouvernor” sigarette uitgehaal.

Oom Theuns het my bietjie aangekyk- en met ‘daardie skelm glimlag steeds op sy ou gekraakte gesig- my aangevat: “ Jy is darem baie voor-op die wa om in die helse storm aan te vat hier in die bosse broer…en dit net vir ‘n koppie van Hester se koffie ne?”- het die oubaas skertsent my berispe. Ek het eers ‘n diep teug uit my sigaret gevat. “ Oom Theuns- Jy kan bleddie ge-eerd voel dat ek al die pad van my plot-af die moeite doen om te kom kuier die tyd van die nag. Jy is mos altyd kamma te besig om daar by my te kom inloer- of is jy te klein koppie om in die aand uit te gaan….jy hoef nie bekommerd te wees nie oubaas- hier loop noie spoke of gedaantes hier rond nie- jy kan maar jou Nissan opsaal en kom inloer” – antwoord ek hom toe ewe pikant net-toe ta’ Hester om die draai kom met daardie heerlike stomende Boeretroos en koekies.

Oom Theuns het my steeds glimlaggend aangestaar- en vorentoe geleun: “ Andries- Jy moet nie so platweg praat oor die dooies nie- jy gaat hulle befoeterd maak seun” – het hy my ge-antwoord. Ek het hom half skeef aangekyk: “ A Nee-A oom Theuns- moenie vir my vertel jy glo aan die twak nie- ek kan nie glo ‘n man van jou postuur kry hoendervleis nie..” –het ek hom geterg. Ta’ Hester het my so effe smalend aangekyk. “ Andries- Hy is die laaste een wat kan praat- hy het sy lopie met sy spoke gehad….laat hy jou vertel- en dan besluit jy maar weer of daaardie “postuur” van hom nog so bewonderens- waardig. Is. Hy is maar lekker dinges bang vir geeste…moenie laat hy jou andersins vertel nie”- en met ‘n “Toe…vertel die kind…” – is ta’ Hester weer vort na haar kombuis toe.

Ek het my koffie geneem, ‘n lekker teug gevat, nog ‘n sigaret aangesteek- en gemaklik na oom Theuns toe gedraai. “ Goed- Oom moet maar beginne gesels….die een wil ek graag hoor..” – het ek hom skertsend gepor. Oom Theuns het so ietwat ongemaklik rond geskuifel- en skelm-skelm na die kombuis se rigting geloer. Hy het skielik teen alle Jakkals draaie besluit toe ta’ Hester vir hom “ Kom Theuns- Vertel die kind- hy wag!!”- daar uit die kombuis se rigting streng vermaan. Hy het so onder sy baard iets van “Die Ouvrou” gemompel- maar homself reggeskuif vir die groot bekentenis.

“ Tja..” – begin hy. “ Ek weet nie wat die tannie nou so moet karring nie…maar tja….die ding het net voor ons troue hier in ag-en-sestig gebeur..” neem die oubaas sy aanloop.” Ons was verloof Theuns!”- skrou ta’ Hester weer toe daar uit die kombuis. “ Maar sa’ jy nou stilbly ou vrou…mintag….ek kom nog daar…ons was mos steeds nog nie getroud nie…los my nou- of kom vertel jy die verhaal…!”- brul die oudste toe terug. Ta’ Hester het hard-op beginne lag: “ Jy wil nie he ek moet hom vertel nie my ou man….dan gaan die bietjie self respek wat jy nog oor het – ook pad-af..” – skerts sy.

Oom Theuns het net sy hand so na die tannie toe gewaai- en sy storie hervat: “ Soos ek nou gese het…dit was net so voor ons troue hier in ag-en sestig. Ek het daar op Grobblersdal se omgewing gebly…baie lekker plekkie gewees toe. Dit was nou – soos die tannie se- net so voor ons troue. Man, ek het net beginne werk by ‘n “Body Shop” toe ek klaar is met die skool, en het ‘n ou Studybaker insleep trokkie gekoop by die destydse eienaar…’n oubaas Luddike. Die ou trokkie was maar gehawend jy weet- ook nie lekker gelyk nie, maar ek het dit ‘n uitdaging gemaak om die trokkie ‘n regte koeivanger te maak. Eintlik wou ek ‘n Tou Trok he. Oubaas Luddike het gese hy betaal my Vyftien Rand vir elke stukkende kar wat ek insleep. Nou, in daardie jare was Vyftien Rand baie geld vir ‘n laaitie soos ek. Ek het toe maar so-tuusen die werkery, en op Saterdae- aan my trokkie gaan werk Sy het ‘n lekker fris “Straight Six” motor gehad…baie perde onder daardie enjinkap.” “ Ja…en kan jy dink hoe moes ek gevoel het as hy my bioskoop toe vat met ‘n Insleep trok…ek het gedog ek gaan dood…ek was te skaam om my gesig bo die “dashboard” te wys as ons in die dorp kom…!”- laat weet ta’ Hester weer uit die kombuis uit.

Oom Theuns het so half- verergd ‘n kluitjie na haar geslinger om nou tog stil te bly- en voort gegaan: “ Nou ja-Ek het die outjie toe uiteindelik reggekry- so mooi seegroen geverf..”- begin die ou, toe ta’ Hester weer “ TURCOIS!!”- daar uit die kombuis uit laat weet. Oom Theuns was nou redelik omgekrap vir die ou vrou. “ Bly nou stil- hemel- ek kan nie die storie vertel as jy heeltyd soos ‘n bok-ooi tussen-in bler nie vrou!!”- bulder die oue. Ta’ Hester het net ‘n kekkel laggie laat hoor. “ As jy die storie wil vertel- vertel die waarheid ou man…” – laat sy weer hoor.


Oom Theuns het weer probeer: “ Goed- Soos ek gese het- Sy was eindelik klaar, mooi geverf, ek het ‘n Skerpioen agter op haar “Chassey” op die bak ge- “Mount”- en haar engin mooi ge- “polish”. Ek se jou ou broer…daar was nie ‘n trokkie op daai hele Groblersdal wat daardie perdjie kon vang nie- nie eers die latte se vuurwaens nie. Ek trek met daai ding weg- dan “clock” ek Honderd-en-Veertig in tweede voor ek moet oorskakel. As ek wegtrek- dan gooi sy so “Smokey” om haar agter “tyres”- en as ek voluit vet gee- wil sy nie eers beweeg nie- sy sta’ so en dans dat die rook by die “tyres” uittrek! Hel, daai ding kon “mouter.” Jy moet weet- Studybaker trokkies was ma’ skaars daai tyd…jy het redelik die karre gekry, maar die trokkies was so skaars soos hoender tande. Ek weet nie waar die oubaas haar gesmous het nie- ek dink ek was die enigste een wat so trokkie in die kontrei gehad het. Dit het my amper ses maande gevat om haar op te bou. Haar “rims” het so ge- “shine”- haar bumpers…alles man- tot haar “top”..ek het haar “tops” gehad! “ Gaan jy nou hom van jou bakkie vertel…of van jou relletjie met jou spook Theuns..?”- laat weet ta’ Hester weer.

Oom Theuns verkies maar om die pittige tannie die keer te ignoreer. “ Nou ja- Soos ek gese het- Ek het die trokkie warm gemaak( en hy loer weer skelm na die kombuis toe)- sy hardloop haar speedometer vol- daai naaltjie van haar tik-tik so teen die pennetjie agter Honderd-en Tagtig myl…ek se jou.”- fluister hy dat ta’ Hes nie weer reperdeer nie. “ Ons jonges het elke Saterdag-aand tot laatnag ge- “dice” daar van Groblerdal af na Dennilton se kant toe. Ons wenstreep was altyd daar op net verby Moutse nedersetting….jy sal nou-nie die plek ken nie. Stewige entjie- maar ons karre kon nie heeltemal vol-uit hulle “clocks” volmaak op kort-afstande nie- en daar was laaities met fris wiele daar. Hulle het van sover as Middelburg en Nylstroom gekom partykeer. Daar by ons was mos nie eintlik “Speed Cops” nie.

Jong broer- dit was ook een Vrydag-aand toe ek vir die tannie gaan kuier het. Sy het op Middelburg gebly saam met haar ma-hulle…het destyds in Barclays Bank gewerk op die dorp.” “ Volkskas!!”- laat weet die tannie weer. “ Goed- Wat-ook-al”- knor die oom. “ Nou ja- Ek het maar elke Vrydag-aand na werk gou gewas- ge-eet- en dan is ek vort na die tannie toe. Dit was so neentig myl- oor Loskop-Dam- so om in die agter wereld deur tot in Middelburg.” “ Ja- en hy het heeltyd gery sonder ‘n lisensie ook…”- help ta’ Hester weer. “ Man- die een Vrydag-aand was dit toe weer so. Ek het my trokkie die aand na werk gou gewas, sitplekke mooi afgevee- ge-eet- myselwers skoon gekry..en is toe daar vort na die nooi toe. Ek het altyd so tagtig myl per uur gery…die pad was maar donker, en baie keer vlieg die bleddie wildsbokke oor die pad voor jou in…kan jou kar lelik seermaak as jy hom slaat.

Nou ja- Ek is toe daar vort- en het so bietjie spoed aangesit om nie te laat by die tannie aan te kom nie- die bioskoop het so sewe-uur se kant begin- en die tannie se pa was ook maar ‘n befoeterde ou ketrel gewees..sy moes op die laatse tien uur terug wees, so, ‘n man moes maar uithaal om bietjie tyd te spaar. Goed- so het ek toe nou gery tot net so op die brugiie daar by Loskop dam…net so voor jy so hellinkie kry waar jy so opgaat teen die berg uit, toe daar skielik ‘n man daar langs die pad staan en in my “head lights” vir my wys om af te trek. Gelukkig was my ligte op “brights” met my “spot lights” aan - anners het ek seker bo-oor hom gery- hy’t so half in die pad gestaan. Jong- ek slaat toe briek aan en stop so tien jaarts annerkant hom met so stofwolk agter my- jy hoor net klippe spat. Ek het my agterwereld af geskrik toe die gedaante skielik uit nerens hier voor my trok staan en waai. Ek het toe maar uitgespring en die man tegemoed geloop. Toe ek nou by die man kom- sien ek dis ‘n jong laaitie van so twee-drie-en-twintig…skat ek toe. Die mannetjie was erg verflenterd…sy klere was geskeur…en daar was bloed hier op sy klere en sy bors”- en die ou man wys so in sirkels oor die bors en maag gedeeltes.

“ Jong- Ek vra toe die mannetjie wat is fout- en hoekom lyk hy so? Hy vertel my toe dat hy van Middelburg se kant af gekom het- en hy het aan die slaap geraak agter die stuur. Sy kar het die pad gelos- en daar bo-oor die reling van die bruggie gefoeter tot doerr onder in die donga. Ek het die outjie op-en-af bekyk, maar dit het gelyk of die knapie darem gesond is- en nie te erg seergekry het nie. Ek vra hom nogal of hy “O.K’-is- en hy se toe hy makeer eintlik niks- net skraap wonde. Ek het toe terug gehardloop trokkie toe- en my “torch” uit my paneel kassie gaan haal- en is toe saam met hom die wal-af na waar sy kar in die afgrond le. Jong- jy moes die kar sien- dit was die ene wrak. Die ding het op sy dak gele, deure so oop- en hy moes gerol het, want die hele affere was ingeduik soos ‘n “Simba” skyfie…jy weet mos…so gekrinkel. Ek kon nie verstaan hoe die mannetjie lewend daar-uit gekom het nie- dit was ‘n bestiering van bo! Hy was ook bleddie gelukkig ek het daar verby gekom…dit was maar ‘n dooie pad daardie tyd van die aand gewees vroeer jare.

Nou ja- Ek is toe terug, my trokkie ge-“reverse”- en die sleephak afge- “winch” daar teen die steiltes af. Ek het – na een helse gesukkel- kon die hak vasmaak so-om sy agter-as- en het hom vertel dat ons maar die kar op sy dak sal moet uitsleep tot bo…hy le te moeilik om op die se wiele te kry. Nou goed- so gemaak- en ek is vort boon-toe- en het beginne die “winch” inkatrol. Sy was moeilik- en die “winch” het haar net halfpad opgetrek- toe slaat hy ook vas. Goed…die enigste ander uitweg, was om my bulperd in te span- en die kar letterlik uit te sleep uit daardie gat uit. Ek het ingeklim, haar in eerste gesit- en stadig vet gegee…ek wou nie he sy moes weer “spin” nie. Ek se jou Andries, toe daai girl vasskop- toe pluk sy sommer die mannetjie se kar dat hy amper so bokspring boontoe…magtig- die trokkie het darem krag gehad. Nee wat..kyk…sy kon ‘n bleddie stoom lokomotief uit Kimberley se gat trek as sy wil” “ Sak Sarel!!!”- laat weet ta’ Hester weer.

“ Man broer- ek het haar eindelik bo gekry…sy het so half op haar sy daar uitgekom. Ek het toe die trok gestop- en die mannetjie gevra om te kom help. As ons nou saam stoot aan die een kant- da’ kan ons die kar omstoot dat sy op haar wiele val- anners is da’ nie ‘n manier dat ek haar sal kan wegsleep nie. Goed- die mannetjie het so half teesinnig gelyk, maar op die ou einde het ons twee toe saam die kar gewieg tot sy oorslaat en met so helse slag op haar wiele te lande kom- so dwars in die pad. Toe eers kon ek sien watse kar dit is. Hel seun…dit was om van te huil. Daar staan sy- n pikswart Corvette ’67 Roadster…! Ek het amper gehuil. Daardie karre kry jy eenvoudig nie hier nie…hy moes die ding laat invoer het. Sy het sulke bloed rooi sitplekke gehad….sportskar…maar ‘n pragtige vuurwa. Daar is sy toe…een groot wrak…so baie geld in die water. Dit was nou enige jong man se droom om te bestuur…en hier is sy so opgeneuk…afgeskryf in totaliteit. Kyk,- ek was lus en klap die mannetjie net daar-en-dan. Ek vra die ventjie sommer ook toe waar hy die kar kry? “Nee-“ se hy toe…”Sy pa het dit van Amerika af gebring..” Die mannetjie vertel my hy was oppad Groblersdal toe vir hotel besigheid…gaat glo toe ‘n hotel op die dorp opsit- toe die ding oppad gebeur het.

Man broer- ja..daar staat ek toe in die moeilikheid. Ek was klaar te laat om die tannie te gaat optel- en hier staan ek toe met ‘n tameletjie…waarnatoe vat ek die wrak…Middelburg-of Groblersdal? Ek het toe so ge-kapittel met myself- en op die einde besluit Groblersdal is die beste uitweg. Ek bly daar, hy is oppad soontoe- en ons Garage is ook daar. Nou ja- daar was nie selfone soos vandag nie- en daar was geen manier wat ek die tannie kon laat weet het wat gebeur het nie- so- hoe se die Ingelsman- ek moes toe maar “The bulet bite”- en afsit Grobbies toe. Erk sal maar later vir die tannie om verskoning vra- en boon-op kon ek darem Vyftien Rand kry vir my eerste insleep op die koop toe. So besluit- so gemaak- en ek het die kar inge-katrol met sy wiele, wat so een hel toe- en die ander hotel toe- gestaan het..in die lug agter-op die trokkie. So is ek en die mannetjie toe daar weg.


dries- dit was so na kwart-voor –tien die aand toe ons by Groblersdal insleep. Ek vra die mannetjie toe waar ek hom kan gaat aflaai. Hy se toe ek kan hom sommer by die poskantoortjie aflaai- hy het mense op die dorp- en sal hulle laat weet, maar hy wil eers sy ouers bel om te vertel wat gebeur het. Ek se toe aan hom hy kan van ons Garage af bel…daar is ‘n foon…maar nee-a…die outjie is hardekwas…ek moet hom kwansuis by die poakantoortjie aflaai. Goed- ek wou nie stry nie- en maak toe so. Ek is toe- na ek hom afgelaai het- vort na ons Garage toe. Ek het by die Garage gekom, ons skut se hek oopgesluit- en die wrak ingesleep- en gaat parkeer. Ek het onthou van sy boekie- en het so tussen die plat dak- en gefrommelde metaal gaat sukkel tot ek sy boekie gekry het. Ek is toe na ons “workshop” toe – waar ek Oubaas Luddike gebel het- en hom die storie vertel het. Die Oubaas was bietjie omgekrap omdat ek hom die tyd van die nag bel- en hy was al in die kooi. Na my gesprek met Oubaas Luddike- het ek maar besluit om nie die tannie te bel nie- anners was ek geskei voor ek getroud was, en het maar besluit om terug te gaat huiostoe- en maar die volgende dag af te sit Middelburg toe- en die kanonskote te gaat trotseer.

Jong- net toe ek so oppad uit die “workshop” is- onthou ek van die mannetjie se boekie- en besluit my nuuskierigheid raak darem nou te erg…ek wou weet wie die lat is. Ek stap terug na waar ek sy boekie op die oubaas se werkstafel gelos het- en maak hom oop. Die ventjie was nie te onaangenaam vir sy postuur nie…jong mannetjie- en hy gee ‘n goeie foto ook…hy glimlag breed op die foto…lyk amper soos die Amerikaanse filmsterre….nie te sleg nie. Sy boekie wys hy is Johannes Jakobus Visser- gebore in neentien ses-en-veertig…ek dink hy was so een-twee-en-twintig. Rykman’s kinders…mense wat nie ‘n steek werk gedoen het om sulke blink karre te kry nie…ryk pappies. Goed, besluit ek toe- as die pappie dan so ryk is- gaat hy nie probleme he met betaal nie. Ek het toe gesluit- en is vort huis-toe.

Man, Ek was sommer vroeg die volgende oggend op die been, gou ge-eet, aangetrek- en is daar vort na die “workshop” toe om die Oubaas te gaan inlig wat ons alles die vorige nag beleef het- en die kar in te boek vir die assesor voor ek afsit Middelburg toe. Ek het so agt-uur gestop by die “shop”- ankers aangeslaan- en is reguit na die oubaas toe. Daar in sy kantoor aangekom- groet ek toe die oubaas beleefd- maar kon sien hy was weer harig die oggend. Hy groet nie eers nie- maar vra sommer reguit waar dei kar is. Ek vat hom toe agter-om die “shop” na waar ek die kar geparkeer het. Daar gekom, kry ek een helse skok…die kar was skoonveld!! Ek sta’ eers gevries vir ‘n oomblik- en storm toe na waar dei kar moes wees….Andries…daar was nou nie-eers ‘n merkie op die grond om te wys dat daar ‘n kar ingesleep was die vorige nag nie. Ek kon dit geensins verklaar nie. Ek sta’ toe daar met ‘n bek vol tanne- toe ek skielik onthou van sy boekie. Ek vloog toe daar om- en sit af na die oubaas se werkstafel toe. Daar gekom- kry ek ook nie sy boekie nie. Verwilderd- soos jy kan verstaan- vra ek die Oubaas toe of hy die boekie gevat het/ Die oubaas het my so rukkie aangestaar..en doodluites gevra: “ Watse boekie?” Andries…daar staan ek- heeltemal uit die veld geslaan…die kar is weg….die boekie is spoorloos…dis asof ek nooit ‘n kar daar ingesleep het nie…hy is net “poef”….weg!!

Man- ek is seker tien keer terug na waar hy was- en na waar die boekie moes wees, maar hoe-ookal ek soek…die kar en boekie is weg….sommer-so die bloue lug in verdwyn. Die oubaas het later vir my gese ek moet maar liewer huis-toe gaat- en gaan rus….hy sal my die Maandag sien. Ek s toe maar daar weg, baie deurmekaar- en het toe maar afgesit Middelburg toe om my verdere lot daar te gaan uitsorteer..en het maar gehoop die tannie-hulle is nog daar as ek daar aankom- en het ook nie net “verdwyn” nie. Ek het besluit om nie ‘n woord oor my nagtelike wedervaringe uit te lap nie…net-nou dink die mense ek het ‘n bont varkie los. Ek het maar liefs besluit om ‘n ander verskoning uit te dink oppad na ‘n briesende nooi toe oor my skielike afwesigheid- en omrede sy haar fliek gemis het.

Andries- Ek het gery dit was al laat oggend- tot daar waar ek die mannetjie die eerste keer gesien het die vorige nag. Hy was nie weer daar nie, maar ek was in vir nog ‘n verrassing! Toe ek daar op die plek kom- toe staan daar vir jou twee ambulanse, Insleep trokkies, polisie karre- en ‘n lykhuiswa. Jy sien net ligte en mense….sommer-so dwars-oor die pad. Vir ‘n tweede keer moes ek op die plek aftrek. Daar gestop- klim ek toe uit- en gaat kyk wat dei “commotion” was. Ek het oor die pad geloop na waar die meeste beamptes doenig was- en het oor die rand van die pad geloer. Net mooi hier het my water gegaan. Daar onder- presies op dieselfde plek as waar ek hom gister-aand uitgesleep het- le dieselfde Roadster…pikswart en presies so opgefrommel soos ek hom die vorige aand gekry het! Ek kon my oe nie glo nie. Ek het net daar op my alie gaat sit-te lam om te beweeg. Daar het ek gesit- en was verder geskud toe die ambulansmanne ‘n liggaam uit die kar lossny….presies dieselfde mannetjie wat ek gisteraand langes die pad gekry het….hy was so dood soos ‘n mossie.

Ek het daar gesit- en gesien hoe hulle sy lyk optrek, op ‘n “stretcher” laai, met grys kombers toemaak- en agter-in die lykswa laai…vort Middelburg toe.Ek het gesien hoe hulle die kar uitsleep- en agter-op ‘n platbak laai. Dis hier waar my bene lewe kry. Ek draf sommer net-daar nader- spring op die trok- en so deur die venster aan die passasierskant- pluk ek die paneelkissie oop..en jou wragtig…daar is die blou boekie. Ek was skoon naar- maar nuuskierigheid het die oorhand gekry- en ek kon nie gou genoeg die boekie oopmaak nie. Toe ek uiteindelik hom oop het- het my bek letterlik oopgeval. Daar- voor my oe- staan dit: “ Johannes Jakobus Visser…gebore neentien-ses-en-veertig…en die foto op die boekie is ‘n man met ‘n reguit stip gelaat…die glimlag was weg!


Tot vandag toe pla die gebeurtenis my. Ek het gaan naslaanwerk doen toe die koerante die doods berig plaas. Hy was die seun van ene Koen Visser…’n ryk hotel magnaat van Kaapstad. Ek het toe Middelburg toe gegaan…ek kan nie eers onthou watse storie ek die tannie-hulle vertel het omrede ek nie die vorige aand opgedaag het nie, maar ek was vir ‘n paar maande nie myself nie. Eers later van tyd het ek die ding beginne verwerk…maar hy bly nog hier in die kop. Die tannie glo my nou so half-pad…maar nou ja- dis haar probleem…ek weet wat ek gesien het.”- en hiermee het die oubaas sy storie afgesluit.

Ek sal maar nie uitbrei oor wat tannie Hes weer kwytgeraak het nie…dit los ek maar vir u as leser, maar ek is amper geneig om oom Theuns se storie te glo- hy het nie as ‘n saad swaaier voorgekom nie. Aan die ander kant…die storie klink darem maar baie na ‘n oorwerkte illusie- ek los maar dei besluit by die leser om waarde daaraan te heg of nie.

PAPPA-EK HET JOU LIEF

PAPPA- EK HET JOU LIEF





Die verhaal wat ek nou hier aan u gaan vertel- is ‘n verhaal wat my al die jare nog bybly. Die verhaal laat my telkens weemoedig en hartseer voel- en soms- soms kyk ek na my eie kinders- en besef hoeveel ons ons ou kleintjies moet waardeer.Die verhaal self kom van geen bekende persoon nie- ook nie iemand wat ek ken- of geken het nie- maar die scenario het hom so afgespeel- so asof dit bedoel was om te gebeur. Hier is die verhaal dan:

Ek was gestasioneer te Pretoria in 1986 by die plaaslike Verkeers Departement- en was woonagtig as enkellopende hubare jongman in Jacob Mare Straat- vir die van u wat Pretoria ken. Nou- oorkant waar ek ‘n enkelkamer gehuur het, was daar ‘n groterige park gewees,- en my roetine elke aand was dan om vir ontspanning- so bietjie deur die park te loop- die haweloses op te soek- en so bietjie te gesels oor hulle verlede. Dit was vir my altyd so interessant om te hoor hoe die mensies daar geland het waar hulle nou is- u weet- watter lewensdrama en omstandighede ‘n mens kan forseer om alle hoop vir die toekoms op te gee, jou drome, jou lewe, jou inhibisies- en doelloos elke dag jou lewe om te drentel- geen hoop- en geen visie vir more nie, - net voortsleep van een dag na ‘n ander- dieselfde roetine elke dag….tot die dag van jou heengaan. Ek wonder wie van die Pretorianers kan nog vir Ou Boela- gewese liggewig bokser- en bekende hawelose van die dorp onthou? Hy was nou een van die bekendste boemelaars van die stad- en tussen die haweloses noem jy nie die naam Pretoria sonder om in dieselfde asem ook Boela se naam te noem nie. Hy was die onbetwiste leiers figuur onder die boemelaars. Ek het al ou Boela gepols vir ‘n blikkie op sy verlede…maar nou ja- ou Boela was so toebek soos die spreekwoordelike klei os se watsenaam. Wou niks se nie.

Nou ja- soos die gewoonte dan nou maar was, het ek toe een aand net so na ses my wandelinkie gevat daar na die park toe. Wonderlik hoe stil die strate raak na ‘n dag se rumoerige woelinge nè? So met die drentelinge rond- merk ek doer aan die een kant van die parkie ‘n middeljarige hawelose man sit teen ‘n Akasiaboom- ‘n soort wat ruig in Pretoria groei. Ek was maar alleen- meisie het nagskof gewerk- en het toe maar besluit om by die eensame figuur gaan aansluit en ‘n geselsie aan te knoop.

Ek het nader gestap na die figuur toe. Die man het nie besope voorgekom soos die ander haweloses wat hulle sorge maar in Spiritus wat deur ‘n brood gegooi word wend nie, maar het gehawend en heel diepdenkend voorgekom- daar waar hy sit, al turende na die duiwe wat kort-kort kom land vir krummels- en dan weer opfladder as iemand aangestap kom. Ek het toe sonder waarskuwing daar langes hom gaan neerplak- en sommer onmiddelik my pakkie Gunston uitgehaal- ‘n voortreflike manier om ‘n hawelose se vriendskap te wen en aan die praat te kry. Die man het my net in stilte aangekyk, maar geen poging aangewend om ‘n sigaret te vra nie. Ek het my sigaret aangesteek- en die rook behaaglik ingetrek- so asof ek hom uitgelok het om een te vra,- maar nee- hy het net voor hom op die grond gekyk.

Naderhand kon ek dit nie meer hou nie- en het hom een aangebied. Die man het net sy kop geskud- en baie beleefd “Nee Dankie- ek rook nie…” – geantwoord. Ek was in een woord- totaal uit die veld geslaan. Dit was die eertse boemelaar wat ek raakloop wat nie rook nie! Ek het skoon van balans af gevoel- en baie gedwee om verskoning vir my blatantheid gevra- en my voorgestel. Hy het moedig geglimlag- en hom as Koos Swanepoel voorgestel. Ek begin hom toe maar baie diplomaties uitvra waar hy vandaan kom- en waar hy bly…nie dat ek alreeds die antwoord geweet- of kon raai nie. Ek weet hy sou antwoord hy kom van Pretoria af- en hy bly in parkies, bus huisies en so aan. Ek het so laag gevoel oor die dom vraag- dat ek glo hy dit in my bakkies kon lees. Ek het gou “Jammer” gesê- en toe maar besluit om die gesprek in ‘n ander rigting te stuur. Koos het net geglimlag- en gesê dit is “O.K”- hy weet ek sien hom as ‘n “Outy”- slang vir ‘n boemelaar- maar hy verstaan. Nou was ek uit die veld geslaan. Die man is in vodde- vuilerig, in die parkie- en hy se hy verstaan as ek dink hy is ‘n boemelaar. Ek kon nie anders as om hom onbewustelik aan te gaap nie.

Ek het op die punt besluit om die bul by die horings te pak- die man is beslis nie onnosel- of besope nie. Sy taalgebruik is suiwer- en hy kom heel intelligent voor. Ek het toe maar besluit om die “show-biz” te los- en eerlik te wees. Ek draai toe om- en vra hom prontuit hoekom hy- wat so beskaafd voorkom- in die penarie is waar hy nou is- en hoekom probeer hy nie na die normale gang van die samelewing terugkeer nie- hy kan tog seker beter doen as daar waar hy nou sit. Toe ek my groot mond uiteindelik toemaak- sou ek oplet dat Koos in die verte tussen die geboue in tuur- en dat daar groot trane van sy wange afrol. Moedig probeer hy dan met sy vuil baadjie sy wange afvee- en dit onderdruk. Ek was ontsettend teruggeruk deur die optrede- en het toe maar besluit om my groot snater te hou.


Koos het nog so ruk gesit en staar- en toe na my gedraai- en dit was wat Koos my vertel het- iets wat ek nie gou kon vergeet nie:

"Meneer sien- Ek was ‘n welgestelde konsultant by ‘n groot firma. Ek het alles gehad- twee karre, groot huis in Groenkloof, mooi vrou- en ‘n pragtige blondekop dogtertjie. Sy was sewe jaar oud.Ai meneer- elke aand as ek by die huis kom- het sy altyd uitgehardloop gekom- haar armpies om my gegooi- en gesê “ Pappa- Ek het pappa lief.” Baie aande is mens maar moeg- en dan spring sy op my skoot- en begin my vertel van haar skooldag- en haar probleme. Ek was partykeer ook maar geïrriteerd- en het haar afgetel en gesê sy moet gaan speel- ek is moeg. Baiekeer was ek besig- en as sy kom pla- het ek haar sommer weggejaag- en gesê ek is besig. Sy het altyd na haar kamer toe gestap- en hartseer gaan huil op haar bed. Soms was ek kwaad- en het na haar toe gestap- en haar geslaan omdat sy stout is. Lateraan- as ek bedaar het- het sy na my toe gekom- en haar arms om my nek geslaan- en gesê “ Pappa- ek is lief vir pappa.” Ek het nie baie aandag aan my kind kon gee nie meneer- my werk was veeleisend- en het my nie baie tyd gegee om saam met haar te wees nie. Ek het alles vir my werk gedoen- ek het laat ure gewek- baie op die pad gewees- en baie geld huistoe gebring. Ons het alles gehad- ek se alles meneer- my salaris was oor die twintig duisend rand ‘n maand. Ek moes orals in die land by firmas konsultasiewerk gaan doen, wat meen ek was soms vir weke van die huis af. My vrou is ‘n prokureur- en sy het ook baie aande laat gewerk om sake voor te berei vir die hof en haar kliënte. Koos het weereens trane van sy oe afgevee- en so rukkie in die nou-donker skemer ingetuur.

Soos ek se meneer- ek het alles gehad- kredietkaarte, mooi meubels- alles wat meneer net kan oor droom. Ek was ‘n volmaakte man gewees.Alles het so mooi geloop- en ons het beplan om laas jaar- (dit was 1985)- op vakansie Golden Gate toe te gaan. Alles was reg- en ek was een dag besig om een groot kliënt in Sasolburg te sien. My vrou het my gevra om ons dogtertjie by die skool te gaan haal. Ek was baie beneuk gewees, want ek sit in Sasolburg- en sy in Pretoria- en het geredeneer dat sy net-sowel die kind kon gaan haal. Ek was baie befoeterd- en het toe gesê ek sal daar wees om twee uur om haar op te tel by die skoolhekke.

Ongelukkig het die afspraak met die kliënt langer geduur- en ek is eers so drie-uur uit Sasol uit. Toe ek in Pretoria kom- was dit al half ses. Ek het skool toe gejaag- en gesien my dogtertjie sit steeds daar- in die donker- voor die hek. Dit het intussen gereën- en was koud. Ek het gestop- en sy het ingeklim. Dit is toe dat ek sien sy was sopnat gereën- en yskoud. Ek het huistoe gejaag- en haar in ‘n warm bad gesit. Ek het besef ek het opgefoeter. My vrou was steeds by die werk met konsultasie besig – en het nie geweet die kind is nog by die skool nie. Ek het haar toe in die bed gesit.

Tyd het verby gegaan- en die volgende middag- so een uur se kant, - bel my vrou my en se ons moet dringend hospitaal toe jaag- Unitas toe. My dogtertjie se skool het gebel- en gese die kind het flou geword by die skool- en het ‘n hewige koors gehad. Hulle het die ambulans gebel- en die het haar kom haal en deurgejaag hospitaal toe. Ek het toe onmiddelik my kantoor laat weet- en gejaag hospitaal toe. Toe ek daar kom- was my vrou reeds daar. My kind was in intensiewe sorg met pype orals in haar- op die hart-long masjiene gekoppel- en ‘n suurstof masker op. Sy was in ‘n koma. Die dokters het aan ons gesê sy het Pneumonie opgetel- en haar longe is erg beskadig. Hulle wou weet of sy in koue was. Ek het daar gestaan meneer- ek het nie geweet wat om te se nie- ek sou moes bieg oor die dag tevore- en dan was die hel los by my vrou. Ek het toe maar gelieg en gesê sy moes seker maar nat gereen het by die skool. Ek het gesien haar klere is nat toe ek haar optel.

Ons het by haar gebly tot laat. My vrou was naderhand so moeg dat ek haar huistoe gestuur het- en gese het dat ek later sal kom. Sy is toe daar weg- en ek het agter gebly om my kind op te pas. Ek was so verbitterd dat ek nie sou kon slaap nie. Daar het ek toe langs haar bed gesit- en die suster het koffie gebring en gese ek kan maar daar bly solank ek wil. Dit was so agt uur die aand gewees. Ek het toe daar gesit meneer- ek het haar handjie vasgehou en die heeltyd haar hare gevryf. Sy het so mooi gelyk…ek kon nie my oe van haar afneem nie. Ek het myself verwyt omdat ek nie meer tyd aan haar gespandeer het nie- en nie daar was toe sy my nodig gehad het nie. Ek het besluit dat- as sy gesond word- ek my werk gaan afskaal- en meer tyd aan my kind gee.

So het ek daar gesit meneer- en later het ek aan die slaap geraak. Ek weet nie hoe lank ek geslaap het nie- maar iewers in die vroeë oggendure het sy wakker geword- en ek het regop gesit en gesien sy glimlag vir my. Meneer- my hele wese het bollemakiesie geslaan toe ek sien sy is wakker. Sy het my hand gedruk- en ek het vooroor geleun en haar saggies teen my vasgedruk. Sy het my op my wang gesoen- en in my oor gefluister: “Pappa- Ek het pappa lief..” Ek het begin huil- en vir haar gese ek is ook lief vir haar. Sy het terug gelê- en weer geglimlag. “ Pappa moet nie hartseer wees nie- die Engeltjies kom my nou haal……ek is olraait..” Daarna het sy met haar vingertjie so in die lug gewys- en stadig haar handjie laat sak. Sy het haar kop skuins gedraai- en aan die slaap geraak.

Ek het nog daar gesit- en haar handjie styf vasgehou en gevryf. Ek wou daar bly tot sy kon opstaan.Ek het nie eers besef hoe die tyd geloop het nie- maar toe ek weer sien – kom die nagsuster skielik daar in- kyk na die masjiene- en vat my aan die arm daar uit. Buite het sy die dokter gaan roep- en hulle is daar in haar kamer in. Na so tien minute het die dokter uitgekom- my eenkant toe gevat- en gese ek moet sterk wees…….my kind is al twee uur gelede oorlede- haar niere het ingegee- daar is niks wat hulle vir haar kon doen nie. Meneer- ek kon die woorde nie eers begryp nie- ek het net daar inmekaar gesak. My kind het uit die dood gekom om vir my te se sy het my steeds lief- na alles wat ek gedoen het, en ook haar dood veroorsaak het deur my nalatigheid!


Toe ek later bykom- was ekself in die hospitaal- met my vrou wat langs my staan- haar oe bloedrooi gehuil.Ek kon nie meer lieg nie meneer- die skuld was te groot- en ek het haar alles vertel. My vrou het histeries geraak- en my toegetakel met die vuiste- en gese ek het ons kind vermoor. Sy het al gillend daar uitgestorm- en ek het haar nie weer gesien nie- sy het haar goed kom haal uit die huis uit- en my gedagvaar vir ‘n egskeiding. By my kind se begrafnis wou sy nie eers by my staan nie. Sy wou nie dat ek my kind se kis oopmaak om tot-siens te se nie. Sy is met ‘n toe kis begrawe sonder dat ek haar ‘n laaste keer kon sien. Meneer sien- daardie dag het ek gesterf- my siel het gesterf- en vandag is ek net ‘n liggaam. Ek het my werk bedank- in my kar geklim- en gery en gery tot die petrol klaar was- en net begin stap en stap en stap. Ek wil nooit weer teruggaan huistoe nie- want my kind se herinneringe wag daar op my- en hulle spook by my elke dag…soos ek hier sit- en dit sal by my spook tot ek ook die dag my kop neerlê.

Ek kan my kind nie meer terug kry nie meneer. Ek het nooit tyd vir haar gehad toe sy gelewe het nie, en wanneer sy liefde kom soek het- was ek geïrriteerd- en het haar weggejaag. As sy hartseer was- was ek nie daar om haar te troos nie. As sy seer gekry het- was ek te besig om geld te maak om na haar om te sien. As sy my nodig gehad het- was ek altyd weg. As sy liefde gesoek het- het ek haar weggestoot. Elke keer as ek haar lelik behandel het- het sy teruggekom- en haar arms om my nek gesit en gese sy het my lief- al my tirade vergewe- en my vasgehou asof ek nooit haar afgejak het nie.

Meneer sien- nou is sy dood- en ek alleen- ‘n boemelaar vir die res van my lewe! Dit is my straf omdat ek my kind afgeskeep het- en ook vir haar dood gesorg het- ek was nalatig. Ek het gesterf hier binne meneer- ek is dood- soos my kind. Ek “hitch-hike” elke dag na haar graf toe- en sit daar die hele dag en se ek is jammer, maar wat help dit meneer- sy kan my nie meer hoor nie....ons was oppad Golden Gate toe- maar het by haar graf gaan eindig! Dit is wat geld en roem my gebring het. Ek moes haar ruikers gegee het toe sy gelewe het- toe sy hulle kon geruik het- nou gee ek haar kransies wat sy nie eers kan sien nie.Meneer- as jy eendag kinders het- pas hulle op- wees lief vir hulle- moenie dieselfde fout as ek maak nie. Moenie hulle eers verloor voor jy besef wat hulle vir jou beteken nie. Ek wens ek kon net nog een keer my dogtertjie teen my vasdruk- en vir haar se “ My kind- Pappa het jou lief….”- maar ek kan nie meneer- en dit sal my ry tot die dag wat ek hemel toe gaan en dit vir haar daar kan gaan se, - maar hier op aarde sal dit my hel wees….” Hiermee het Koos opgestaan- en weer groot trane afgevee- en geboë in die rigting van die uitgangshek gestrompel.

Ek het baie lank daar gesit. Sy verhaal het my diep geruk- en laat besef dat die man deur die swaarste stryd in sy bestaan moes gaan…iets waardeur ek nie wil gaan nie. Ons sien so gou neer op ons boemelaars- maar ons vergeet dat daar in hul lewens ook eens iets was om voor uit te sien, maar 'n "ander" iets het hulle lewens drasties laat verander. Nou- jare later- weerklink sy stem steeds by my op- en sy waarskuwing. Elke keer as een van my eie kinders seerkry- gryp ek hulle dadelik- versorg hulle- en se baie maal per dag aan hulle ek is lief vir hulle. “Gee hulle ruikers wat hulle kan ruik- moenie wag tot jy kransies moet gee wat hulle nie eers kan sien nie.”- bittere woorde van ‘n bittere man….maar baie treffend waar. Dit het ‘n kind uit die dood gekos om hierdie man die woorde te laat verstaan....en 'n boemelaar in 'n parkie om my insig vir die toekoms te gee. God leen Sy wesentjies aan ons- tydelik- en as ons nie hulle kan oppas nie- maar verwaarloos- vat Hy hulle weer terug na Hom toe....dit is tog Sy kinders in die eerste plek- ons kan hulle nie kleim nie.

WRAAK VAN GISTER

WRAAK VAN GISTER



Oom Bertie Roestoff tuur lank oor die druiwe boorde op die plaas terwyl hy diep nadink oor die vraag. Ek hou hom aandagtig dop. Die ou man se gedagtes dwaal baie lank terug – die kan ek sien. “Andries- ja …ek weet van ‘n gebeurtenis- nie ‘n storie nie- ‘n ware verhaal wat hom afgespeel het jare terug. Ek praat nie eintlik daaroor nie- eintlik niks met ander mense te make nie. Jy is die eerste mens wat ek weet wat my die vraag vra.” Oom Bertie is al vyf-en-sestig- korterig van postuur- en ten alle tye ‘n realis. Die oubaas is nie iemand wat sommer lag nie- en is glad nie ‘n mens wat humoristies is nie- ietwat van ‘n nors ou mannetjie as u my sou vra. Ek het oom Bertie ook maar ten tyde van my werk op die plaas ontmoet. As u al ooit aan ‘n kritikus gedink het- oubaas Bertie was die koning van kritiek- nooit ‘n positiewe woord vir enigiemand gehad nie.Ons het nou-en –dan bietjie hier en daar gesels, maar omrede die ou maar ‘n krapperige tipe is, was dit meestal oor werk-en het ek ook maar nie juis baie met hom te doene gehad nie- liefs maar hom uitgelos om sy gang te gaan.

Na wat ‘n ewigheid gevoel het, het die oudste uiteindelik lank na my gekyk deur sy skrefies oe. “ Kom ons gaan drink ‘n koppie koffie- dis in elk geval teetyd- dan vertel ek jou wat gebeur het ..”- bied die ou man aan, en ek weet dat ek seker baie gelukkig moet wees dat die ou sure iets aan my gaan meedeel wat hy nie sommer aan enige ander Jan Rap en sy maat sal meedeel nie. Ek vergesel hom sommer net daar en dan na ons kantoortjie toe- vir die koffetjie- en die spook storie.

Na ons ‘n koffetjie aangeslaan het-en rustig op die stoele gaan sit het- het die Oubaas eers weer lank na die plafon gestaar met sy skrefies oe- en toe na my. Asof dit sy ernstigste toespraak van sy lewe gaan wees- het hy my weer aandagtig aangekyk- en toe uiteinde laaste met sy storie begin.

“ Ek het grootgeword anderkant Hoopstad se wereld. My pa-hulle het so stukkie grond daar gehad. Ek was maar so klong van agttien toe die ding hom afgespeel het…net so na matriek. Ons was vyf vriende gewees wat maar altyd so saam-saam dinge gedoen het jy weet. Saam uitgegaan, saam die meisiekinders uitgevat, saam gaan fliek- en saam stout streke aangevang. Ons was al op skool vrinne gewees. Daar was lang Piet Van Blerk gewees- so lang man met sulke donker wenkbroue- nes ‘n Porugees, maar ‘n baie grapperige eintjie mens – die Piet. Daar was klein Hannes Badenhorst- so kortejie wat altyd loop en spoeg het, maar verder nie te onaardige mens nie. My beste vriend was ou Giepie Van Zyl. Giep was altyd besig om mense te terg- altyd gelag- ek kan nie onthou dat hy ooit kwaad was nie. Saam met ons was Ernst Van Biljon- so dikkerige kereltjie wat maar stil was…maar ‘n knaap wat so sterk soos ‘n os was. Die laaste was ek- altyd ‘n voorbok gewees as daar sports was..”

Oom Bertie het eers opgestaan en nog ‘n rondte koffie vir ons ingeskink. Na hy weer gaan sit het- het hy weer sy ernstige selwers geword: “ Man ja- soos ek gese het- ons was maar altyd so saam-saam gewees….ons vyf outjies. Die betrokke aand toe die ding hom afgespeel het, was daar ‘n dans gewees op die dorp. Dit was hier, man laat ek dink- hier in een en sestig gewees- as ek reg kan onthou. Ons het almal besluit om die aand na die dans toe te gaan. Nie een van ons het meisies vir die dans gehad nie, maar ag wat- ons was nie bekommerd nie. Ons het maar altyd daar op die dansvloer die meisies ontmoet- en dan het jy maar gedans- en as jy gelukkig is- het jy jou “date” vir die aand na die dans vir ‘n koeldrank gevat- en ja…wat ookal ne?

Nou Andries, - daar op die dorp het ‘n ander mannetjie gebly- ene Attie Merker- snaakse van- maar sy van was Merker gewees. Die outjie was verstandelik vertraag. Hy het nie skool gegaan nie- maar altyd by die huis gebly. Sy ma het hom maar lesse gegee- hy sou nooit in die skool kon vooruit gaan nie. Hy was maar alleen- so op sy eie...niemand wou in elk geval met hom gesels nie- wat se jy in elk geval vir ene wat nie ordentlik kan ‘n geselskap voer nie? Hy was dieselfde ouderdom as ons gewees – of baie naby. Ons het maar altyd weggeskram van hom af. Jy weet mos hoe is jong seuns op daardie ouderdom. Ons was seker lelik gewees met die outjie- ja- ons het hom baie gespot, maar soos jy self weet- seuns is maar seuns- en ons was nie die enigste wat hom geterg het nie- almal het hom gespot nou-en-dan. Shame- sy ma het hom seker ook maar om die rede nie skool toe gestuur nie. Hel- kinders kan darem maar wreed wees ne? Ek praat van myself ook- moet my nie uitlaat nie- was maar ook ‘n mannetjie vol draadwerk toe ek so jong klong was.


Andries- die aand het toe gekom- en ons klomp is toe daar bymekaar by klein Hannes se huis. Destyds het hy die enigste vervoer gehad- so ou Anglia karretjie. Magtig- was dit darem vir jou ‘n oulike dingetjie gewees daardie. Goeie ou voertuigie vir sy tyd gewees. Ons het maar soos gewoonlik- bymekaar gekom- en daar by sy huis eers ‘n koffie gedrink en geskerts tot dit tyd was om na die dorpsaal toe te gaan. Hulle het altyd fliek daar gewys op die 16 mm projektortjie- ek dink ons het een Sjieling betaal elke Saterdag om te gaan fliek- ek kan nie eers meer onthou nie- te lank terug. Nou ja- toe is ons almal daar vort- bietjie beknop in die ou dingetjie- maar ons het maar so half op mekaar se skote gesit. Ja- so is ons toe daar weg dorpsaal toe.

Soos jy jonges maar ken, het ons eers by so pad kafeetjie oppad saal toe gestop om ietsie te koop vir ons dop. Ons het altyd dop gekoop by ‘n Slams se sjebeen in die kleurling area buite die dorp. Die ou het ons ook al goed geken- en het altyd met so storie- ‘n bottel of twee uitgehou vir ingeval ons opdaag. My pa-hulle- en ek glo die ander outjies ook- het nie geweet ek vat ‘n bietjie vuurwater nou- en-dan nie, maar nou ja- dis jonges. Na ons toe nou die koeldrank gekoop het- het ons eers sommer daar op die enjinkap van die Angliatjie ‘n dop gegooi- tipiese jongklomp stuitigheid. So paar minute later- na nog ‘n knerts of wat- en lekker warm om die kraag- is ons toe vort saal toe.

Daar gekom, het ons sommer onmiddelik beginne uitkyk vir ‘n meisie of twee. Jong boet- ons was nog daar doenig, toe kom dieselfde Attie Merker ook daar aan. Kyk- dit was nou vir almal van ons- en ek glo baie ander daar ook- een helse verassing om die outjie te sien inloer by een van ons uithang plekke. Dit het sommer so stil geraak toe hy inkom by die deur. Ons het so rukkie die mannetjie aangegaap- en gewonder wat hy daar kom maak, maar nee wat- hy het by ‘n tafel gaan sit- en heeltyd net die mense dopgehou. Ek dink hy was of te onnosel om iemand te vra vir ‘n dans- of te skaam om meisies uit te vra. Hy sou in elk geval nie ‘n meisie kon kry nie- al die meisies daar het geweet hy is bietjie mal…..of so het ons gedink- en later-aan maar die mannetjie gelos en aangegaan met ons dinge.

Andries- ek weet nie hoe lank die seun daar gesit en mense uitkyk nie- toe kom daar so meisietjie na hom toe aangestap. Sy was so dikkerige meisie met goueraam brille. Ek weet nie waar sy vandaan kom nie- of wie sy was nie…het haar nog nooit vantevore gesien nie, maar toe kom sy- en sy gaan sit by die klein Attie merker,- en begin gesels met die outjie. Ek kan onthou,- ek en Piet het by ‘n tafel gesit en dop gooi- die ander ouens was op die dansvloer. Ons het maar gesit- en omdat ons niks gehad het om te doen nie- het ons maar die twee dopgehou. Nou ja- die twee het daar gesit en gesels- wat hulle gesels het kon ‘n mens maar net raai. Ek glo in elk geval nie dit kon enige intelligente gesprek gewees het nie, maar ja- die twee het redelik lank gesels- en koeldrank gedrink. Wie betaal het- die sal ek nie weet nie.

Jong- ons het toe maar verder gedop- en later het ek ook ‘n meisie gaan opvryf- en beginne dans. Piet het by die tafel bly sit- seker maar ook te dronk gewees om ‘n meisie te kry. Kort-kort het die outjies maar tafel toe gegaan- en bietjie gegooi- en dan weer gaan dans. Ons het gedans tot so by net na twaalf- dan het die danssaal gewoonlik toegemaak- en die jong klomp het dan gewoonlik by die petrol stasie op die dorp gaan bymekaarkom- en gesels en geskerts tot vroeg oggend toe. So het ons klomp maar toe dronk-dronk die saal verlaat, elk met ‘n nooi aan die arm…dit is nou behalwe ou Pieter- hy was te smoor dronk. Jong- ons klomp- nou moet jy weet, ons het almal ook omtrent ‘n meisie op sleeptou gehad,- is toe almal in daardie klein Angliatjie in! Moenie my vra hoe ons dit reggekry het nie- maar ons is in. Op mekaar se skote gesit, gele- en wie weet wat nog, maar ons het ingepas. So is ons toe daar weg petrol stasie toe- lekker jolig.

Man- ons het so met die straat afgery- en as jy nou so ent na die buitekant van die dorp gery het- was die stasie onder op die draai. Nou moet jy weet,- daardie tyd was daar nog nie goed soos elektriese lampligte wat die pad verlig het nie- dit was pikdonker- en die ou karretjie se liggies was maar flou ook- en dan nog ons geswaelde klomp in die oorvol karretjie.Die ou dingetjie se stert het letterlik plat op die pad gesleep van die gewig. Elke keer as sy deur ‘n gat in die pad gaan- voel dit asof jou derms uitgeslaan word. Die paaie was ook nog nie geteer nie- en daar was sulke helse dongas in die pad wat die stadsraad daardie tyd met as opgevul het, maar nou ja- dit het ook nie eintlik gehelp nie. Die swaar lorries trap daardie as sommer gou-gou des dinges.


Ok- ons is toe die pad daar af- en so dronk soos ons is natuurlik- is ons nie gepla oor hoe ons by die petrol stasie kom nie- dit was klein Hannes se probleem. Andries- jong- ek weet nou nog nie wat gebeur het nie, maar ons was nog so aan die ry- toe die klein Hannes skielik een helse gil gee- en die volgende oomblik toe slaat ons iets! Jy hoor net een helse slag- en glas wat breek. Die vroumense gaan aan die gil- en die ou karretjie verloor die pad- neuk regoor die ryvlak- en binne-in die veldjie in waar dit tot stilstand kom. Ons was heeltemal nugter geskrik- dis nou behalwe Piet. Ons het sommer uitgeval by die deure uit- nie eers uitgeklim nie. Nou moet jy weet- ons kan ook nie eintlik sien wat aangaan nie- dit was te bleddie donker, maar ons het maar so slinger-slinger teruggestap na waar die pad is. Niemand het ‘n hel geweet wat gebeur het nie- of wat aangaan, -of wat ons getref het nie.

Jong boet- toe ons bo-op die paadjie kom,- toe sien ons wat aangaan. Daar, half in die middel van die pad- sit dieselfde klein Attie Merker op sy kniee- en voor hom le daar ‘n liggaam op die pad. Man- ons kon nie uitmaak of dit ‘n mens of ‘n dier was nie- en het maar nuuskierig nader gestap….almal natuurlik nou heeltemal nugter. Daar gekom- toe sien ons wat dit was. Daar- op die pad- le dieselfde klein meisiekind wat by die klein Merker gaan sit het vroeer die aand by sy tafel! Nugter weet waar hulle skielik vandaan gekom het nie. Ons het heeltemal van die twee vergeet- en het nie eers opgemerk toe hulle die tafel verlaat- of uitgeloop het nie, maar ja- toe le die kind daar in die pad- morsdood! Dit het nie ‘n dokter gevat om te toets of sy dood was nie- sy het so half op haar rug gedraai gele- met haar oe oop so na die hemel toe. Die brille was skoonveld van die slag.

Nou ja- daar staan ons- heluit geskok- die meisiekinders beginne histeries huil- en die outjies gaan sit sommer so op die grond. Klein Attie Merker het so gesit en wieg- en heeltyd haar hare gevryf- so asof hy nie kon verstaan sy is dood nie- en gewag het dat sy skielik weer moet opstaan. Hy het die heeltyd onverstaanbare woorde gemompel- en het nie eers na ons gekyk nie- net die heeltyd haar hare gevryf. Dit was ‘n vreeslike tragiese toneel boet- ek sal dit nooit vergeet nie. Bloed het by die kind se neus en mond uitgeloop- en haar rokkie was vuil en vol grond. Sy het net so onnatuurlik gelyk. Langs haar kop het die wapentjie- so rooietjie- van die Anglia gele…seker met die slag afgeval.

Goed- die mense n die huise daar naby het toe die polisie gebel- want daar was nie ‘n ambulans in daardie geweste daardie tyd nie. Die het toe later gekom, verslae geskryf, Hannes ondervra,- ons ondervra- en die kind in die polisiekar gelaai- en is toe daar vort met Hannes ook- blykbaar vir verdere ondervraging by die polisie stasie vir dronk bestuur. Die klein Attie het die hele tyd daar gesit- en die meisie se hare en kop vryf- en toe die polisie haar wegvat- het hy net daar gesit- wou nie opstaan nie. Toe hulle hom se hy moet maar uit die pad kom- het hy dieselfde wapentjie van die Anglia opgetel- en lank gevryf en bekyk. Toe hulle nou hom wou uitvra oor die ongeluk- het hy heeltemal stom geraak…wou nie ‘n woord se nie, maar toe sy ma-hullle hom kom haal later aan,- na die mense hulle gekontak het- het Attie nog vir so lang ruk na ons gekyk- so stip en hard- jy kon die ene haat in sy oe sien- en ek kon sweer daar het skuim by sy mond uitgekom soos iemand wat in ‘n trans is. Die outjie is toe daar weg- maar het tot hulle weg is- heeltyd ons aangegluur.

Andries- ja- na ongelukkige storie is ons klomp toe soort van uitmekaar. Ek dink die skuld gevoelens het ons te veel gery. Die klein Attie Merker het nooit weer daarna gepraat nie- was soos ‘n Zombie- het nooit weer sy voete by die huis uitgesit nie. Die mense daar rond se hy het heeltyd oor die meisietjie getreur. Niemand weet wie sy was nie- soos ek verstaan was hulle nuwe intrekkers- en na die voorval is hulle weer vort uit die dorp uit. Ek dink hulle kon seker nie die dood van hulle dogter verwerk nie- maar die hele ding was baie in geheimsinnigheid gehul. Dit het ook so vinnig gebeur dat niemand eintlik tyd gehad het om navraag te doen nie- en toe ons tot ons sinne kom- was hulle al vort. Die meisiekind is nie eers op die dorp se begraafplaas begrawe nie- ek weet nie wat het van haar liggaam geword nie. Na die polisie haar daar weg het- het sy skoonveld verdwyn. Soos ek verstaan- is Attie Merker ook blykbaar so jaar of wat daarna oorlede- ek weet nie hoe nie- maar mense se glo hy het hom dood getreur oor die meisietjie wat hom daardie aand vir die eerste keer in sy lewe- liefgekry het vir wie hy was. Of dit waar is- die sal ek nou nie kan se nie.

Goed- dinge het maar aangegaan- Hannes is vir manslag aangekla- asook dronk bestuur- en hy het vyf jaar tronkstraf gekry wat opgeskort was- en een helse boete- ek weet nie eers hoeveel nie, maar ja- ek is ook toe later-aan daar weg lugmag toe. Ek het nou-en-dan kontak met die ander ouens gehad- maar soos die lewe gaan- ontgroei ‘n mens maar mekaar, en ek het ook maar kontak met die ander vier verloor- tot eendag toe! Dit was een van die dae in my lewe wat my hele lewe verander het- tot nou toe- dit vreet aan my. Sien jy hoe grys ek is- dit is alles te danke aan daardie eerste dag.


Ek was besig om te werk- doerie tyd by Swartkops lugmagbasis- hier in neentien een-en-sewentig, toe ek een oggend die koerant oopmaak- ek kan nie eers meer onthou watter een nie,- toe ek ‘n berig lees van ‘n man wat in ‘n kar ongeluk dood is. Toe ek nou verder lees- toe sal ek sien dit was Piet wat in daardie ongeluk dood is. Die ongeluk het gebeur op die pad tussen Bloemfontein en Kroonstad. Na berig word- het sy kar blykbaar net die pad verlaat- en omgeslaan, Daar was ‘n foto by die berig gewees- en dit was juis die foto wat my hare laat regop staan het. Die foto was geneem van ‘n skuinshoek van voor af- met die kar wat op sy dak le. Eers het ek dit nie gesien nie- maar toe ek later weer na die foto kyk- sien ek – hier regs voor die kar wat op sy dak le- teen die teerpad- is daar so klein dingetjie wat op die pad le. Ek het toe ‘n vergrootglas die aand by die huis gevat- en die voorwerp mooi van nader bekyk. Wat ek gesien het- was baie eienaardig: Voor- teen die pad- het daar ‘n kenteken van ‘n Anglia gele!

Nou- die ding het my baie gepla- waar kom die kenteken vandaan? Ek het so tyd daaroor getob- maar seker maar met die tyd daarvan vergeet- tot eendag toe my vrou so paar jaar later ‘n oproep kry van ‘n vrou af wat se ek moet haar terugbel. Ek ken toe nie die nommer nie- en bel maar terug- seker gedink dis maar een van die werksmense wat my soek. Toe die vrou antwoord- vra sy my of ek Hannes Badenhorst nog kan onthou. Ek was verbaas- en vra hoe sy van my weet- en my nommer gekry het. Sy het gese dat sy die nommer gesoek het- en by die lugmag gekry het. Sy se die eintlike rede hoekom sy my bel- is dat sy Hannes se vrou is- en Hannes was in ‘n ernstige ongeluk net anderkant die Walmansthal afrit- en hy is in ‘n koma in die Pretoria-Wes Hospitaal. Op die ongeluks toneel het hy- voor hy in ‘n koma ingegaan het- aan haar gevra dat sy asseblief my, of Ernst- of Giepie in die hande kry. Sy het nie die ander se nommers- of waar hulle hul bevind- kon kry nie- maar sy het gehoor by Hannes vroeer die jaar dat ek by die lugmag werksaam was. Sy het my haar adres gegee- en gevra of ek nie asseblief na die karwrak toe kan gaan- en sy persoonlike besittings gaan kry nie. Die voertuig staan by die paneelkloppers en wag op die assesor.

So gemaak- ietwat verbaas oor hoekom sy nou juis my bel- en nie die familie nie, maar ja- toe ry ek maar paneelkloppers toe. Ek het toe sy goedjies uit die wrak- die wat ek kon kry- gevat- en was net so op die punt om te loop na my kar toe- toe ek iets gewaar teen die wrak se verkoeler wat nie daar blyk te hoort nie. Ek het omgedraai- en teruggestap. Ek het een helse skok gekry toe ek by die kar kom. Voor- so teen die verkoeler- hang daar ‘n teken van ‘n Anglia! Presies soos die een wat ek op Piet se foto gesien het. Nou ja- die ding het my nou erg begin hinder- want dit is die tweede van my eertydse vriende wat dood is- en die tweede keer dat ek die tekentjie op hulle ongeluk tonele kry. Ek het die ding afgehaal – en huistoe gevat . Hannes is drie dae daarna in die intensiewe eenheid in Pretoria-wes Hospitaal oorlede.


Soos die jare verbygestap het, het ek kort-kort aan die storie gedink- en het probeer om Ernst op te spoor, maar ek het gehoor hy is oorsee- en maar gelos. Die tyd het geloop- en ek het Kaap toe getrek. Man- ek was so ‘n paar jaar hier- so twee of wat- toe ek eendag hier van Paarl afry Belville toe een oggend. Ek was so net verby die Okavango wisselaar- toe ek net ligte sien wat flits voor in die pad. Die verkeer het stilgestaan- en ek moes ook maar stop. Toe ek nou stilstaan- sou ek sien dat daar een helse ongeluk voor was- en die karre le die hele pad vol. Aan die regterkant was ‘n trok gewees- en onder hom- opgefrommel- was die een of ander kar wat- lyk my- reg van voor teen hom gebots het. Dit was baie sleg gewees boet. Nou ja- daar staan ons toe- en ek dink dit was so halfuur later toe ons eers kon ry. Soos mens maar is- nuuskierig- ry jy ook maar stadiger as jy verbyry- en toe ek verbygaan- was hulle net besig om die lyk onder ‘n kombers in die ambulans te laai. Man- net toe ek wou vetgee om verder te ry- vang my wiel iets op die pad- en gooi dit teen my kar se onderkant vas. Ek trek toe af want ek het gedog die ding het my kar seer gemaak. Toe ek uitklim en om die kar stap om te sien wat aangaan- skrik ek so dat ek net daar op my dinges gaan sit. Agter my kar- so twee voet van die wiel ag op die grond- le ‘n Anglia se teken!

Nou boet – een keer is verstane- maar drie keer in ‘n ry is te veel. Ek spring daar op- en weet toe wat wag. Ek hardloop na die ambulans toe wat nog daar staan- en vra die mannetjie agter die stuur of hy weet wie is oorlede in die ongeluk. Hy se toe hy weet nie- maar hulle het ‘n ID Boekie in die persoon se sak gekry- en die lê agter in die ambulans op die tafeltjie. Ek vra toe hy moet asseblief gaan kyk wie dit was. Gelukkig was die mannetjie vriendelik- en maak toe so. Na ‘n rukkie kom hy uit met die ID Boekie- nogal heel netjies vir een wat nou-net in so ‘n ongeluk was- en lees die persoon se naam vir my: Ernst Johannes Van Biljon! Hy vra my toe of ek hom ken- en skoon uit skok se ek toe nee- ek het gedog ek ken die kar. Ek het onmiddelik aan die datum gedink- dit was in een-en neentig. Ek het in my kar gespring- en huistoe gejaag. By die huis het ek my vrou gevra of sy nog Hannes se vrou se telefoon nommer het. Sy was ietwat verbaas- en het gaan rondkrap tot sy hom gekry het in ‘n telefoon boekie wat sy gehad het en die vrou se nommer jare terug neergeskryf het vir my om te bel. Ek bel die nommer- en gelukkig was dit die regte een- sy het nog nie haar nommer na al die jare verander nie. Ek stel myself voor- en vra haar of sy weet watter jaar Hannes oorlede is. Sy se toe ja- dit was haar man- en sy sal mos nie vergeet nie- dit was in neentien een-en-tagtig.

Nou hier het my maagsweer begin. Kyk mooi- elke tien jaar van die dag van die ongeluk af- sterf een van ons vyf in ‘n kar ongeluk- klokslag- seker ook op die dag wat daardie vreeslike ongeluk gebeur het- en by elke een kry ek die Anglia se teken. Boetie- watter jaar is dit nou?” Ek sit en dink- en se aan oom Bertie dat dit die jaar twee-duisend-en-een is. “ Ja- seun- twee-duisend-en-een….presies tien jaar vandat Ernst ‘n ongeluk gehad het. Werk vir jouself uit- hierdie jaar is my jaar….ek loop al lank met die wete rond- jy weet mos as jou tyd gaan kom....Attie Merker kom my ook die jaar haal….nes die ander! Hy wreek sy vriendin se dood nou op ons van die anderkant af...elkeen van ons wat daardie vervloekte dag in die kar was.Hy stuur daardie selfde kar om ons te kom haal - en sal nie stop voordat ons almal betaal het vir ons aandeel aan die groep nie- ek is volgende...dan bly nog net Giepie oor!” Hiermee het oom Bertie stadig opgestaan- en koers gekies na waar sy bakkie wag langes die stoor.


Ja- wat ‘n verhaal. Vir baie lank het ek daar gesit en met my eie gedagtes geworstel. Kan dit waar wees? Is dit moontlik? Ek is 'n ruk later daar op die plaas weg- en die jare het alweer geloop. Of oom Bertie sy afspraak met Attie gehad het- en of hy nog lewe…die weet ek nie, maar ek moet se- dit is een van die eienaardigste verhale wat die skrywer al ooit gehoor het- en ek wonder baie of oom Bertie die tyd gemaak het- van nature oorlede is- en miskien iewers nog al die tyd aan die gang is…..sal nie kan se nie.

DIE TEREGSTELLING


DIE TEREGSTELLING



Die besonderse verhaal is aan my vertel deur ‘n Sersant Majoor van die Amerikaanse korps in 1982- terwyl ek diensplig gedoen het te Ladysmith in Natal- 5 SAI Battaljon. Die Samajoor was een van die Amerikaanse besoekers aan die basis om by te staan ten opsigte van gevorderde opleiding van ons troepe in daardie tyd.

Die storie kom van sy vader af- wat ‘n Gevangenis Personeellid- of bewaarder- was in die berugte Sing- Sing gevangenis in New York. Ek het die verhaal in kort notas vasgepen doerie tyd, maar ongelukkig het ek vergeet- of nagelaat om die bron se besonderhede ook te neem. Wat ek hier gaan vertel- is net dit wat ek notas van gemaak het- name ontgaan my ongelukkig in die scenario. Hier volg sy verhaal dan:


“ Ek was ‘n bewaarder in die Sing- Sing gevangenis tot met 1959. Sing-Sing was die plek waar die ergste van ergste gevangenis gehuisves was. Net gevangenis wat moeilik reabiliteerbaar was, lewenslange tronkstraf uitdien- en ter dood veroordeeldes was hierheen gestuur. Die gevangenis is gebou in New York langs die Hudson rivier- so dertig myl van New York af.

Gewone bewaarders was, as gevolg van die uiters hoe graad van sekuriteit en profiel gevangenis- nie opgewasse en emosioneel sterk genoeg om hierdie laagste van laagste menslike diere op te pas nie- en dus moes die Staat spesiale bewaarders “kweek” om in die omstandighede te kan werk. Alle aansoeke en keurings is met ‘n vergrootglas en haarnaald deursoek, en talle onderhoude is met elke persoon gevoer, asook talle mediese en sielkundige toetse om te bepaal of die aansooeker wel aan die minnimum vereistes voldoen alvorens die aansoek eers oorweeg word.

Ek was genader om aansoek te doen- nie oor my sterk persoonlikheid asulks nie, maar meer oor my historiese agtergrond en goeie diens rekord. In die begin stadium van die versoek, was ek nie baie positief oor die aanbod nie, omrede ek al te veel van Sing-Sing gehoor het. Dit was een groot nagmerrie vir personeel wat daar werk, en aan die anderkant was dit die sogenaamde “dodesel” van die Amerikaanse regering. Sing- Sing was ‘n stoorplek vir die mees gehardste kriminele wat die samelewing kon offer. As ‘n persoon verwys word deur die howe na Sing-Sing toe, was die kanse op parool amper nul- en vir die gevangenis ‘n baie duistere toekoms tussen die gehardste misdadigers denkbaar. Naas Alcatraz was Sing-Sing tweede op die berugte hierargie- en bekende misdadigers soos Albert De Salvo, die Rosenbergs, Judd Gray en “Son of Sam” het hier hulle tyd verwyl alvorens hulle die ewigheid ingestuur is. Hier was dan ook die plek waar die berugte Elektriese Stoel gestaan het- oftewel “Old Sparky”- soos hy bekend was by die gevangenis. Dit was dan ook die eerste gevangenis wat hierdie ongure doods masjien in gebruik geneem het in 1890. Na baie lang betragting- en seker meer uit nusskierigheid as iets anders- het ek toe uiteindelik ingestem om my aansoek in te dien om een van die verkose beamptes in die grillerige plek te word. Na baie papierwerk, toetse, vrae- en weereens toetse- is ek toe uiteindelik gekies as een van die min applikante wat geslaag het vir ‘n pos in Sing-Sing.
Dit was dan ook hier- in hierdie spookagtige eensame omgewing, met sy grys en rooi baksteen geboue wat datteer uit 1830- waar ek my mees skokkendste ervaring van iemand uit die dood beleef het.

Ek kan nog goed onthou toe dit die eerste keer gebeur het gedurende my nagdiens in die gevangenis. Die datum sal ek nie vergeet nie- dit was die 12e Januarie 1955- omstreeks half een die nag. Ek was op diens in die ou gedeelte van die gevangenis- by die doods blok waar gevangenis wat ter dood veroordeel is-wat wag om begenadiging - of hulle afspraak met “Old Sparky.” Dit was- om die minste te se- die aardigste gevoel om daar diens te doen. Jy kan letterlik die dood ruik- en voel. Alles is stil- die gevangenis praat nie met mekaar nie- en as jy jou rondtes doen- is die eerste wat jy opmerk- die lee kyke in die oe van die veroordeeldes. Party is baie arrogant- en probeer spot met hulle oordeel- maar ek dink dit is senuwees wat ‘n uitlaatklep soek onder sulke omstandighede.

Ek kan nog goed onthou- die besondere nag. Omdat ek redelik nuut was in die gevangenis- en so baie van die berugte plek gehoor het- het ek meer op ‘n ekspedisie toer gegaan deur die doolhoof van gange as wat ek eintlik my patrollies gedoen het. Ons was ‘n paar bewaarders wat op verskillende strategiese punte moes diens doen- en my area het die doods kamer met die elektriese stoel ingesluit. Ek moes op en af langs die doods selle loop- kyk dat die veroordeeldes nie voorwerpe het waarmee hulle hul oordeel kon verhaas nie, luister na versoeke- en sommer ‘n praatjie aanknoop om hulle vir ‘n oomblik te laat vergeet van die verdoemende toekoms waarvan hulle nie kan wegvlug nie. Sulke nagte kan lank rek- jy weet later aan nie wat om te se nie. Party van die gevangenis kan tot ‘n jaar in die doods selle sit en wag op die hoerhof se beslissing om begenadiging- of die goewerneur se besluit op ‘n laaste begenadiging. Meeste veroordeeldes word deur die priester besoek- en baie gee hulle aan hulle Skepper oor, maar daar is ander wat tot die dood toe geweldadig en emosieloos bly.

So het ek ook die nag maar die gewone patrollies gedoen. Dinge was maar – soos gewoonlik- stil in die doods gebou- en ek het so teen kwart oor twaalf begin vaak raak. Ek het besluit om nog een keer teen die selle af te stap- en dan ‘n draai te gaan maak by die onheiligste kamertjie van die hele gevangenis- daar by “Old Sparky.” Nadat ek opgestaan het van my lessenaar af, het ek stadig verby die selle gestap- hier en daar gegroet- en ‘n sigaret aangesteek vir ‘n gevangene wat se senuwees wou ingee- en sommer een vir myself ook. Gedagtes aan hulle lot het deur my kop gemaal- en ek het probeer myself indink hoe dit moet voel as jy weet jou laaste ure hier op aarde is besig om stadig, en vir een, verby te tik. As ‘n mens van natuurlike oorsake doodgaan- is dit heeltemal anders, maar as jy weet die presiese dag, uur en minuut wat jy die ewigheid gaan ingeskiet word, asook die onmenslike manier wat hulle op jou gaan toepas- is dit heeltemal iets anders. Hopeloosheid en alle lus vir die lewe ontgaan jou- en jy word later aan soos ‘n Zombie.

Ek het stadig-aan my rondtes by die selle voltooi- en die dertien berugte tree na die dode kamer- en “Old Sparky”- afgemeet…tree vir tree- presies dertien! Ek het omgedraai- en terug getuur na die ingang van die kort gangetjie- en gewonder hoekom daar so ‘n geloof van ongeluk aan die nommer dertien moet wees- en waar dit vandaan kom. Ek het al peinsend omgedraai- en die hout deur na die doods vertrek stadig oopgemaak. Ek kan nie die gevoel heeltemal beskryf nie- daar is net nie woorde nie. Dit is so ‘n beklemmende doodse atmosfeer wat jou begroet as jy die eerste tree in die vertrek gee. Alles in die vertrek spreek van die dood- gemeng met ‘n tipe van hospitaal reuk. Voor my was die trollie- met die kante toegemaak waarop die dokter se instrumente le- en agter hom- teen die muur en verberg van die kamer se oopte self- die elektriese kontrole bord vir die laksman om die gewraakte hefboom te trek wat by die elf duisend volts deur die ongelukkige misdadiger stuur wat vas ge gespe op die stoel sit.. Links agter was daar ‘n trollie waarop die liggaam le na eksekusie om outopsies te doen- en reg voor my- aan die regter muur se kant- half in die middel van die vertrek- was “Old Sparky.”

Ek het stadig die deur agter my hoor toegaan- en was nie eers bewus daarvan dat ek hom uit my greep laat gly het nie. Om my was dit graf stil- en ek het koue rillings langs my ruggraat voel afgly. Ek kon my eie asemhaling hortend hoor- en het besluit om liewer ‘n sigaret aan te steek om my senuwees te kalmeer. Ek het die pakkie uit my hempsak uitgehaal- en ‘n sigaret in my mond geplaas. My vuurhoutjies wou net nie vlam vat nie- en eers by die vyfde of sesde een het ek geslaag daarin om ‘n vlammetjie te genereer. Ek was nog besig om die eerste trek rook in te trek- toe ‘n ysige wind- of koue- deur die kamer trek- so hard dat die vuurhoutjie in my geklemde vingers doodgaan. Ek het gedag ‘n venster was iewers oop- maar toe gewaar ek dat die vertrek geen vensters het nie. Ek swaai om- maar die deur is steeds bottoe.

Ek het daar en dan besluit dat ek genoeg gehad het- en eerder maar moes teruggaan na my tafel toe. Ek het myself net begin gereed maak om om te draai deur toe- toe ek skielik ‘n mistigheid in die area om “Old Sparky” sien opwel…nes ‘n ligte wolk asof van nêrens. Ek kon nie roer nie- my hele spier stelsel het geweier om die skreeuende opdrag van my verstand af- te gehoorsaam- ek was heeltemal lam van skok. Met groot oe en ‘n amper onhoorbare asem het ek die blou kleurige miswolk dopgehou. Al swewend, amper stil slingerend- het die wolk al nader en nader aan die elektriese stoel gesweef- en hoe nader dit aan die stoel gekom het- hoe meer het dit ‘n spesifieke vorm begin aanneem.

Ek het vasgenael gestaan en die petalje gadeslaan. Ek kon onder geen omstandighede verklaar wat hier reg voor my oe gebeur nie. Die wolk het stadigaan tot bo-op die stoel gesweef- en daar het die kolom ‘n duidelike figuur begin vorm…..die figuur van ‘n vrou! Ek kon voel hoe die sweet teen my slape afrol van angs, maar ek kon niks doen nie- my voete was vasgenael teen die vloer. Die vorm het al hoe duideliker geword- ek kon die bene sien- die breë hoehak skoene, die grys hemp- die bruin rok- ek kon al die kleure onderskei. Die apperasie het heeltemal sy of haar vorm ingeneem, en ek kon waarneem dat die bene vasgegespe is- so ook die hande- en ek kon die masker oor die oe sien- die kap wat op die hoof geplaas is – asook die elektrode op die linkerbeen om die elektrisiteit te gelei.

Iets in my het my vertel dat – wat hier voor my oe afspeel- iets of iemand was wat hier- op dieselfde stoel- tereggestel was- en teruggekom het om die toneel te herhaal. Terwyl ek – nou teen die muur- staan en probeer uit redeneer wat aangaan- hoor ek- so duidelik soos daglig- ‘n fluisterstem wat bly se: “ Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie….”- oor en oor- nes ‘n refrein. Ek onthou dat ek begin naar word het van angs- en probeer vlug het- maar ek kon eenvoudig net nie myself kry om weg te hol nie. Terwyl ek daar staan, begin daar skielik ‘n onaardse sissende geluid die kamer vul- en ek herken die klank as ‘n elektriese stroom wat van iewers na iewers gaan.

Die volgende wat ek waarneem, is ‘n skielike blits – en ‘n vonk wat by die gedaante se kop gedeelte uitskiet- daar waar die elektrode aan die skedel gekoppel is- en ek sien rook uit die elektrode aan die been uittrek. Die liggaam in die stoel begin te ruk- en konvulsies maak die gestalte beur teen die gespes waarin sy geknel sit. Met elke “skok” van die elektriese stroom- ruk haar liggaam- buig haar kop agteroor- snak sy na haar asem- en sy wriemel in die stoel terwyl roggel geluide uit haar mond kom. Deurentyd was ek bewus van die geluid van elektriese stroom lading wat die kamer vul, die klapgeluid as die stroom haar “tref”- en die aanhoudende stem wat bid- en die reuk van gebrande vleis. Die grillerige toneel het vir etlike minute aangehou- dan het die wolk verdamp- net om weer te verskyn- en die toneel weer oor te begin- asof dit nie wil einde kry nie….oor en oor moes ek toekyk hoe sy “tereggestel” word, asof sy ‘n boodskap aan my wil oordra.


erwyl ek vasgenael staan- het my sigaret – wat skielik “aangesteek” was- my vinger begin brand- en ek het van nêrens die krag gekry om op te vlieg- en die voorwerp op die grond neer te gooi. Asof uit die hel, hoor ek meteens ‘n harde uitgerekte gil, gevolg deur ‘n koggelende skerp lag! Ek vlieg vervaard op- en gee nog een kyk na die gedaante. Skielik- asof dit nooit daar was nie- kyk ek teen ‘n leë stoel vas- nes hy gelyk het toe ek die eerste keer hom gesien het toe ek ingekom het. Geen rook meer nie, geen wolk, geen geluid- en geen reuk meer nie…selfs nie eers die stem nie - alles was graf stil! Ek het verdwaas heen en weer getuur- maar daar was nie ‘n enkele teken van enigiets wat ek vir ongeveer twintig minute gade geslaan het nie. Baie stadig het ek agteruit geirittereer- en die deur met my rug opgestoot. Buite gekom, het ek met lang vinnige tree die dertien tree terug na my verligte area- en my tafel gehaas. Ek het gaan sit- en een na die ander sigaret gerook. Later- aan, toe my krag weer ietwat herstel hè- het ek na een van die gevangenis se sel toe gegaan- en hom met ‘n draai gevra of hy enigiets snaaks die aand uit die dode kamer gehoor het. Hy het my kopskuddend geantwoord- en gesê al wat hy gehoor het- was my gesnork iewers daar agter by die kamer van verdoemenis.

Ek het dit nie geglo nie, synde die feit dat ek wa-wyd wakker was toe die gebeure plaasvind. Ek het na die skeidings deur tussen my area- en my kollega s’n langsaan geloop- en hom geroep. My kollega het nader gekom- en ek het so diplomaties moontlik- aan hom gevra of daar al vroumense op die stoel kom boet het. Hy het geantwoord dat daar talle was- wat nes die mans- moes boet vir hulle dade. Hier het ek besluit om op die man af te wees- en het die gestalte se voorkoms aan hom beskryf- die kleredrag, lengte- en dit wat ek gesien het.

My kollega het so rukkie diep nagedink en gesê: “ O…Jong- dit klink baie soos Ruth Snyder….” Ek het hom onmiddelik nuuskierig gepols om meer te vertel. “O”- was sy antwoord.” Sy was die eerste vrou wat hulle hier tereggestel het in “Old Sparky..- sy en haar boyfriend het haar man vermoor- en altwee is op die selfde dag hier ge-“toast”. As jy kans het- gaan kyk daar in ons biblioteek- daar hang fotos van hulle. Sy was ‘n “bad” ene gewees..het glo vir die priester gesê hy kan hel toe vlieg toe hy haar haar laaste “rites” wou lees. Ek onthou nog die foto wat die verslaggewer skelm van haar geneem het toe sy in die stoel was…..was groot nuus in die koerante daardie tyd gewees…..maar waarom vra jy die tyd van die nag sulke vrae” Ek het my skouers net opgehaal- en gemaak of dit maar net skielik by my opgekom het, maar kon sien my kollega glo my nie heeltemal nie.

Ek het summier die volgende dag afgesit- en gaan naslaanwerk doen in die gevangenis biblioteek oor die geval- en tot my skok en verbasing het ek presies dieselfde toneel op die foto gesien wat ek die vorige aand in lewende lywe aanskou het. Die woorde wat deurentyd deur die kamer ge- eggo het- was ook die presiese woorde wat sy gesê het die oomblik toe hulle haar vas gegespe het. Die datum die vorige dag- was ook die selfde datum wat hulle haar en haar metgesel- Judd Gray- tereggestel het- 22 Januarie 1928….27 jaar gelede om presies te wees.

Ek het die biblioteek bewend en asvaal verlaat- ek kon nie glo dat ek- ‘n nuutjie- op my eerste nag in die hel kamer- so-iets moes deurmaak nie. Wat wou die gedaante hê? Wat was die doel van die reïnkarnasie van die gebeure? Was ek die enigste een wat dit beleef het? Ek het na buite gestrompel- en sommer daar op die trappies gaan sit- en weer ‘n paar sigarette kafgedraf. Na wat ‘n ewigheid gevoel het- het ek uiteindelik my kragte saamgespan- en huiswaarts gekeer. Ek kon vir ‘n lang tyd daarna nie geslaap kry nie- die toneel het by my bly spook. By verdere navraag het dit geblyk dat daar gissings en stories die rondte doen dat die besonderse toneeltjie hom elke jaar op die dag van haar vonnis- in die doods kamer afspeel, maar niemand of geen bron kon dit bevestig nie, of niemand wou praat nie- - ek, het dit voorgekom, was die enigste een wat dit “aanskou” het- en het dit ook vir myself gehou om nie ‘n bespotting van myself te maak by die ander personeel nie.

Genadiglik is ek ses maande later oorgeskuif na ‘n ander seksie toe- en het nie weer gaan besoek aflê by die stoel nie. Op die nagte wat haar dood herdenk het- het ek as ‘n reël afgevat- of siek geboek- om nie in die teenwoordigheid van die gebeure vir ‘n tweede maal te wees nie.

Wat hier vertel is- kan die skrywer onder geen omstandighede staaf nie- en kan ook nie rubriek lewer- of kommentaar nie…ook is dit ‘n afwyking van die norm. Die verhaal is baie interresant- maar kan ook te interresant voorkom- die leser moet maar self besluit.