Saturday, August 1, 2009
'N LAASTE OFFER
n LAASTE OFFER
Die verhaal wat ek hier gaan vertel, is aan my oorvertel deur ene Dr. Louwtjie De Kock- voormalige Senior Pataloog verbonde aan die Garangkuwa Hospitaal in 1988- terwyl ek een van my talle militere kampe moes uitdien as medikus in die weermag.
Wat my opval van die betrokke verhaal- is dat die verhaal opsig self buitegewoon is, maar ook dat dit ‘n onverklaarbare was wat hom afgespeel het te midde van ‘n dubbele tragedie. Die verhaal het my- tot die hede toe – steeds aan die gis. Ek dink baie aan die betrokke gebeure wat Dr. De Kock aan my oor vertel is- en nou nog- laat dit ‘n tipe hartseer agter in my geheue.
Dr. De Kock was ‘n baie rustige humoristiese mens, baie ontvanklik- en wel belese..en baie intelligent. Hy het nou en dan ons studente uitgevang- en sommer so nou-en-dan ‘n streep op ons ook getrek. Ek kan tog nie die eerste dag vergeet toe ons by hom aanmeld in die lykshuis om ons eerste Post Mortem waar te neem nie. Daar het hy gestaan met sy kollegas, klaar aangetrek vir die okkasie. Met ‘n stout glimlag het Dok. De Kock ons verwelkom- en vinnig deur die prosedures van die Outopsie gegaan. Daarna het hy ons ernstig gevra wie van ons al ooit ‘n kadawer aanskou het. Wel- meeste van ons het ontkennend geantwoord, waarop Dok Lourens sy kop geknik het, en sy twee kollegas die yskaste se laaie begin ooptrek het sodat ons net die dooie tone met etikette kon sien. Hierna het hy een laai uitgetrek- en met die hulp van sy kollegas- die kadawer onder die laken op die snytafel geplaas- en ons genooi om ‘n kringetjie om die makabere toneel te maak. Ons was- soos enigeen- ook maar nuuskierig- en het amper bo-oor die stywe liggaam gaan staan. Dok. Lourens het een van ons – ek kan nie meer onthou presies wie nie- uitgenooi om die laken weg te trek. Die student was dan ook nie links nie- en het die laken met “fanfare” afgepluk, waarop die “lyk” skielik regop vlieg en ‘n onaardse brul los! Ek weet nie wie van ons eerste by die hospitaal uit was nie- maar ek weet dat ieder en elk van ons studente teen rekord spoed- al skreeuend- by die gange uitgevlieg het ten midde van die artse se geskaterlag!
Ja- so was Dok Lourens- soos ons hom genoem het. Nou ja- hierdie verhaal het hy my vertel toe ek een Saterdag moes kom werk omrede ek die Vrydag “afwesig” was- en my prakties moes doen. Terwyl ons gewag het dat die ander studente- Garankuwa se tweedejaars- klaarmaak in die lykshuis- het ek en Dok. Lourens in sy kantoor gesit en koffie drink- en dit was net hier waar ek- synde die feit dat hy met die dooies peuter- wou weet of hy al op ‘n spook afgekom het in sy werk. Dit wat Dok. Lourens my vertel het- was nie eintlik wat ek verwag het nie- ek het meer in die rigting van ‘n spokery in die lykshuis gedink- maar ja- hier is Dok Lourens se verhaal nadat hy eers sy tweede koffietjie gaan ingooi het:
“Seun…spoke…in die lykshuis? Nee wat jong- dis sommer net oumens bangmaak stories. Daar’s nie sulke goed soos spoke nie- wel, ek het nog nie een gesien nie- nie in al my jare nie….ek glo nie aan sulke twak nie. Lyke is net dooie materie- jy raak gewoond daaraan. Daar is wel geeste- ja, die glo ek in….siele wat nie kan of wil rus nie…..ja- die glo ek aan. Kom ek vertel jou iets wat so paar jaar terug met ons gebeur het:
Ek was in my laaste dokters jaar verbonde aan die H.F Verwoerd Hospitaal daar in Pretoria. Nou- as deel van my opleiding daar- was ek, soos die ander laaste jaars ook maar, verplig om ook maar allerande dienste te verrig wat in lyn met ons professie is. Een van die dinge wat ons moes doen, was om teater bystand te verleen- assistente by operasies. Nou- terwyl ek daar was, was daar saam met ons ook vroue studente- meestal maar verpleegsters en terapeute. Saam met my was daar so ‘n plesierige doktertjie- ene Phillip Fourie gewees…stout mannetjie. Hy was so jong chirurg gewees….dit was hier in ’63- nog voor Chris Barnard sy eerste hart oorgeplant het. Die outjie- o.k- hy was nie so jonk nie- seker so vyf en dertig se kant- was alewig besig om met almal gek te skeer. Ek kan nog onthou- sy grootste sport was om’n trollie in die gang te plaas- so ent terug te loop- en dan volspoed aangehardloop te kom, op die trollie te spring- en die gang daar af te laat waai! Ek sal nie vergeet die dag toe Phillip amper ons gewese ou dekaan-professor Zaidy- uit sy sokkies uitgestamp het nie….hel- was die oubaas de wetter in vir Phillip( Hier gee Dok Lourens so diep lag). Die ou man het net gegil “Fielliep!!!”- en al vloekend hom uitgejou !
Ja…dit was goeie ou dae daardie…..maar nou ja- laat ek verder vertel. Jong- ek was een maand op teaterdiens- lang ure gewees. Ek het net van diens afgekom en het sommer daar op die hospitaal gronde geeet en geslaap terwyl ek op roep was- my huis was te ver om te reageer as ek op nood uitgeroep word. Seun- dit was seker so hier by nege uur die aand, toe die nagsuster by Ongevalle my bel- en se ek moet hardloop- ek moet opskrop vir ‘n noodgeval wat oor tien minute inkom. Jong seun- ek het uit die bed gevlieg, sommer my plakkies aangetrek- en laat waai. Gelukkig was ons slaap kwartiere net agter die Hospitaal- en ek was redelik gou by Ongevalle. Daar het die suster vir my gese ek moet hardloop teater 3 toe- die geval is oppad. Ek het toe net-so kortom gevlieg en met die gang afgehardloop- amper my bleddie nek gebreek toe my plakkies op die vervlakste vloer gly ook.
Jong boet- by die teater gekom- het ek tussen die ander lede van die span, die suster, nurse, narkotiseur en teater matrone ingespring- en begin opskrop. Ons het ons teater jasse aangetrek- en was reeds in die teater- toe die chirurg- dieselfde klein Phillip Fourie eers inkom- klaar gedress. Hy was die chirurg op spoed daardie aand. Ek onthou nog die teater suster het hom uitgetrap omdat hy nie betyds was nie. Al wat hy gese het, was dat hy jammer is- en iets voorgeval het. Nou O.K- hy was ook net betyds toe die Ambulans outjies die geval instoot met die ambulans trollie. Ons het die persoon oorgetel op die operasietafel- en die voorbereiding begin doen. Dit was nie lekker nie. Die pasient was een van ons eie verpleegsters- ek dink haar naam was Trish- of Trisha- so iets. Sy het ook in die verpleegsters kwartiere gewoon. Blykbaar het sy vroeer die aand baie slegte nuus gehad dat haar moeder oorlede is- volgens haar een vriendin- en die volgende wat gebeur- is dat die meisies net ‘n skoot hoor klap het. Hulle het na haar kamer toe gehardloop- en haar op die grond in ‘n plas bloed gekry- met ‘n .38 rewolwer langs haar- sy het haarself in die bors geskiet..
Ons het geweet tyd was van uiterste belang- en het onmiddelik haar gereed gekry. Toe ons haar bloes wegtrek- het ons gesien sy het haarself reg hier onder die Sternum- deur die Aorta geskiet. Seun- die bloed het so boog uit haar slagaar gespuit elke keer as die hart pomp- ons klere was die ene bloed. Nou ja- ons tyd was bitter min- en ons het begin om een sakkie bloed na die ander deur haar te jaag terwyl sy op die asemhalings masjien en hartmasjien gekoppel was. Jong- soos ons die bloed bo in pomp- pomp die hart dit onder uit- net so skoon. Ons het gesien ons gaan haar verloor- en die klein Phillip het net daar en dan- so deur die bloed – ingespring- en begin om die Aorta te probeer red. Hel, Seun- ek het nog in my lewe – nooit iemand so vinnig en professioneel sien werk soos daardie mannetjie daardie nag nie….dis asof hy presies geweet het waar om te vat- en waar om te heg- flippen blitsig se ek jou. Daar het ek respek vir die mannetjie opgetel! So deur die bloed wat spuit- om so raak te vat- en presies te heg- dis onmoontlik- maar die knapie het sy storie geken- dit was nie nonsens nie.
Jong seun- ons was besig die nag- en die operasie het gehardloop tot so 3 uur die oggend toe….toe is die bloed gestop- en klein Phillip klaar. Nie een keer het hy gestop om asem te skep, sweet af te vee- of te rus nie- regdeur gejaag met die skapel en heg materiaal. Hier by so drie uur- soos ek se- toe is hy klaar, die meisiekind se hart klop egalig- en bloeddruk normaal….en die hele teater vloer vol bloed. Phillip het sy handskoene uitgetrek- ek het langs hom gestaan en dep- en vir my gese om die vel hegting te doen- hy gaan onttrek. Ons het aangeneem die man is moeg- hy het –wel- amper ses ure aan-een geopereer. Die teater suster het nog agter hom aangeskreeu hy moet net die volgende oggend die teater verslae kom invul. Hy het niks gesê nie- en is daaruit.
Seun- ons het klaar gemaak met die kind- en haar sommer reguit I.C.U toe gestoot. Daarna is ek terug Ongevalle toe om my verslae te gaan voltooi. Jong seun- terwyl ek daar is- kom die sustertjie op diens – en sy se ek moet gaan kyk- die kind wat ons so twintig minute terug ge-opereer het- is wakker- en sy le en gesels met Phillip- hy is by haar. Nou kyk- in al my tyd by die hospitaal het ek nog nooit van so vinnig herstel gehoor nie- ek moes dit net eenvoudig sien. Ek het so gat-oor-kop opgevlieg- en laat vat I.C.U toe. Daar gekom- het die suster daar my gewys om stil te bly- en te kyk. Was ek verbaas om te sien die kind le oop oe- suurstof masker op die gesig- en hande vashou met klein Phillip wat langs haar bed staan. Nou- ek kon nie hoor wat hulle se nie- hulle het te sag gepraat, maar hulle het so vyftien minute gepraat- toe het hy haar gelos, omgedraai- en sonder ‘n dooie woord verby my en die suster gestap- vort.
Ek en die suster het so ruk gestaan en kyk vir die meisiekind- en toe bied sy my koffie aan. Man seun, ons was nog in die kombuisie- toe die monitor se alarm by die meisiekind se bed afgaan. Ons vlieg daaruit- en toe ons by haar bed kom- was die hel los. Die hart se tempo het radikaal in die kort tydjie verswak, die sistoliese en diastolies bloeddruk het eenvoudig na benede gedonder- en haar asemhaling was so te se weg. Hel jong- ek en sy vlieg daar weg- en ons kry die hart skok masjien gereed, toets die ventilator- man- ons probeer alles- maar alles in die kind het net meteens ingegee- net so!! Tien minute later het ons haar verloor- sy was weg- net weg…net sjooop!
Jong- ons kon toe niks doen nie- en het maar die laken oor haar getrek- en die lig afgesit. Ek is toe daar weg- en die suster kontak toe vir Phillip om hom te se sy pasiënt is oorlede. Seun- ek was nie ‘n halfuur weg nie- toe bel die suster my weer van I.C.U af- heeltemal histeries. Ek kon nie uitmaak wat sy se nie, en laat waai toe weer terug soontoe. Daar gekom, was die vrou in ‘n toestand. Sy sit op die grond en skreeu soos sy huil- heeltemal in skok. Al wat sy se- is dat ek Phillip se nommer moet bel- aanmekaar en aanmekaar. Ek het my buite weste geskrik oor sy so aangaan- en gryp toe die telefoon- en bel sy nommer op die roep lys.
Die volgende wat ek hoor- is dat sy ma antwoord. Ek se haar toe wie ek is- en vra haar om asseblief dringend vir Phillip te roep. Daar bars die tannie ook in trane uit. Seun- ek was heeltemal deur die blare – want almal het nou skielik besluit om te huil- net ek soek toe nog ‘n rede. Jong- toe klap die ou tannie my hard deur die gesig. So tussen die huilery deur- vertel sy my dat Phillip vroeer die aand uitgeroep was op ‘n nood operasie hier by ons…sy verloofde- een van ons verpleegsters, het selfmoord gepleeg…haarself geskiet- en oppad van Wonderboom af waar hulle gebly het- het hy teen daardie helse hoe bergpas voor die Resevoir kop-aan-kop met ‘n bus van voor-af gebots- en hy is op slag dood. Sy liggaam le al lankal by ONS lykshuis!!
Ek het my gat afgeskrik jong man- ek gooi die telefoon dat hy daaaarrrr trek- en vat gat lykshuis toe. Daar gekom- hardloop ek amper die patalogiese klerk in haar mo*r in ook. Ek gil toe sommer op die meisiekind of sy weet van Phillip wat ingekom het. Sy begin toe skoon van skok huil- en skud haar kop. “Dr. Fourie- daar….” En sy wys die trollie wat eenkant staan met ‘n lyk op. Ek het die laken gaan afpluk- en glo my- dit was hy wat daar gele het! Phillip was al teen agt uur die vorige aand dood…….WIE DE HEL HET GE-OPEREER?!! Ek het myself amper beskyt toe ek uitvind ek het vir amper ses ure langs ‘n dooie chirurg gestaan. Ek het net daar en dan geweier om weer in Teater te werk! Die ander lede van die span moes trauma behandeling kry vir maande- en die narkotiseur het summier bedank. Ons was nie eers bewus die meisiekind was Phillip se verloofde nie.
Jong kinta- ons kon nie wag vir die meisiekind se na-doodse ondersoek om plaas te vind nie. Toe die Distriks Geneesheer twee dae later kom om die ondersoek te doen- TOE STAAN ONS HELE TEATERSPAN DAAR!! Die oubaas het dit heel snaaks gevind dat almal skielik belang stel in sy werk. Ons grootste skok was toe hy haar operasie steke uithaal- en haar hart blootle. DAAR WAS GEEN HEGTING VAN ‘N SEKOND OUD NIE!!! Die Aorta was steeds net so geperforeer- en daar was nie ‘n teken dat sy ge-opereer was nie. Alles het daarop gewys- so ook die verslag- dat sy dood is aan erge interne bloeding van die Aorta. Hoe was dit moontlik- vyf van ons het bygestaan terwyl sy geopereer was? Hel jong- ons is toe van die een tug verhoor na die ander-almal wou weet wie het ge-opereer? Niemand wou ons storie glo nie- en om alles te kroon- was die operasie register wie ge-opereer het- dolleeg…nie eers ingevul nie! Die saak het twee jaar gedraai, en die uiteindelike bevinding is baie stil-stil weggebere in die argiewe. Professor Zaidy het ons ingeroep, en sy vermaning was, dat in die geskiedenis van die hospitaal, was daar nerens so ‘n geval aangeteken nie- en dit is bo-natuurlik, onverklaarbaar- en wetenskaplik onmoontlik. Hy sien die saak as afgehandel- en maan ons om nie weer melding te maak van die besondere geval nie- en dat dit van die hospitaal se rekords sal geskrap word.
“Off-the-record”- se hy toe- dat hy glo ons- en ook vermoed hy daar was bo-natuurlike magte betrokke, maar hy sal die stelling nie in die publiek herhaal nie- net dat hy weet ons het beleef wat ons beleef het.”
Interresante geval die- het Phillip Fourie- na hy reeds oorlede was- so ‘n innige liefde vir sy verloofde gehad, dat hy dit steeds as sy plig beskou het om te probeer haar lewe red- en steeds te opereer…vir ses ure lank? Die vraag is- waarvoor- as hy geweet het sy gaan sterf? Waaroor het hy en sy gesels- hy reeds dood- en sy op sterwe? Hoe het sy so lank aan die lewe geklou- en nog vir 15 minute met ‘n reeds gestorwe liefde gesels- teen die tempo wat haar hart die lewensvog uitgepomp het? Voorwaar ‘n baie diep interresante verhaal- as ‘n mens Dok Lourens se verhaal kan glo.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment