Saturday, June 4, 2011

MOORD OP WOLWEKRANS





MOORD OP WOLWEKRANS



In my wandel en wee deur die jare,- het ek menig spookstories gehoor. Sommige was op die man af verdigsels. Jy kon sommer -so op die oor hoor die verteller het die verhaaltjie opgedis. Andere- soos in my vertelligs vervat- is die uitsonderlike wat mens moontlik- en ek emfasseer die term “moontlik”- kan opneem as eg.

Een van die mees interresantste verhale oor geeste wat nie rus kan kry nie- is die verhaal wat ek by een van my ou vriende- ene Japie Van Rensburg- se oorle pa gehoor het. Die verhaal verskil van die ander wat ek vasgepen het op papier- in die sin dat die spesifieke verhaal een is waar die geeste nie kan rus nie omrede hulle self vir hulle ontydige ondergang verandwoordelik was. Soos in alle gevalle met ons ou spokies- is die verhaal geskoei op gebeure waarmee die geeste van die afgestorwenes hulle nie vereenselwig nie- en nou hier tussen ons moderne verligte era ronddwaal- in die soeke na vergifenis, antwoorde- of in sekere gevalle spyt. Die verhaal is interresant omrede daar redelik intruges betrokke is.

Japie-hulle het gewoon op 'n plaas- genaamd I.O.U- daar duskant die dorp Reitz in die Vrystaat. Soos ek nog kan onthou- nou dit was hier in die vroeere tagtigs- het ou oom Koos Van Rensburg met mielies en kafferkoring geboer. Die plasie was so neffe Reits op die pad Bethelehem toe. Die wereld om die plaas was maar droog- en na die ou oom se dood het die familie uitgeboer geraak- en verkas Bloemfontein toe.

Ek was op my weg Natal toe op vakansie- en het toe somaar op die ingewing van die oomblik besluit ek gaan so honde-agterbeen draai ry- en 'n dag-of-wat by Japie-hulle oorslaap. Ek en Japie loop al 'n lang pad saam sedert 1966 – toe ek as kind daar duskant Reitz skoolgegaan het- en die mannetjie ontmoet het by die enigste ou plaasskooltjie in die omtrek genaamd Anys. Japie het eertse met my vriende gemaak toe ek as jongeling in Sub-B by die skooltjie instap. Van daar af het Japie- so drie jaar my senior- my soos 'n hanslam opgepas, lekkers vir my gekoop...en natuurlik beskerm teen die groter rammetjies wat my nou-en-dan bietjie wou “ontgroen”- om my 'n plaas bulperd te maak. Die ou skooltjie het maar net 11 leerlinge gehad- van Sub-A tot standerd 5 toe.

Nou ja- soos ek gese het- ek het toe my draai gaan gooi daar op I.O.U die laat Woensdag-middag oppad Durban toe. Ai- was dit darem vreemd om weer op die ou plasie aan te kom na soveel jare. Ek is daar weg in 1972- toe ek terug is na my ouers toe op Elandsfontein in die Germiston- area. 'n Mens voel- na so 19-jaar se afwesigheid- dit was toe in 1984- asof jy so 'n paar tree in die verlede terugstap. Alles lyk toe nes ek dit kon onthou- die rif van die plaashek af, die koeistalle, die opstalle waar die plaas implimente gebere word, die plaasdam aan die regterkant- die woorhuis voor teen die heuwel met sy sierlike Dennebome wat die oprit begelei na die erf toe- die sement resevoir agter die huis...en dan natuurlik die ou plaas buite-toilet wat daar doer tussen die Bloekombome langs die hoenderhokke staan. Dit was heel verbasend dat oom Koos nog nooit 'n binne-toilet laat insit het nie- maar steeds- na soveel jare- die ou hout buite-toilet gebruik het!

Goed- ek het toe die Woensdag laat daar ge-arriveer- en natuurlik- na een lang ge-groetery, drukkery, rugkklappery en so voorts- het ou tant Chrissie my een moederlike koppie egte self-gemaalde Boeretroos uit die meuletjie gemaak op die ou silwer koffieketeltjie met sy glas dekseltjie- een van daardie met die pypie wat so-in die keteltjie afgaan. Jy kry hulle nie meer vandag nie.
Na die koffie- is daar eers skons en koeksisters bedien- en toe eers gesels oor vervloee jare se kaskenades. Oom Koos kon lekker gesels. Die man was eienaardig- in die sin dat hy sulke helder geel oe gehad het- nes 'n leeu. Dit is die eerste keer- en die laaste- dat ek so 'n snaakse kleur oe aan 'n mens sien. As hy stip na jou kyk- dan voel dit asof hy so rondkrap in jou siel met daardie twee verkykers van hom. Andersins was oom Koos 'n baie gesellige karakter- en kon gesels oor baie aspekte.

Hy was vroeer-jare 'n grootwild jagter daar in Kenia se wereld- en het hoofsaaklik buffels gejag vir 'n lewe. Hy was nogal jonk vir sy 54-jaar- fris Boerklong met sulke borselkop hare gewees. Die man het 'n baie ryk en interessante agtergrond gehad met al sy omswerwinge as jagter- en het dus ook ontsettend baie plekke besoek. Kon die man staaltjies vertel- manne- 'n ryke bron van wedervaringe gehad- die man....diep spore in die geskiedenis daar in Kenia, Somalie, Tanganjika en omgewing gaan trap. Hy het so uitbundige lag in hom gehad..'n baie vriendelike omie gewees daardie. Hyhet altyd gehou daarvan om mense van sy ervarige in die bosse te vertel toe hy nog as grootwild jagter doenig was in die ou dae.

Tante Chrissie aan die anderkant- was ook 'n ekstroverte ou tannetjie- en het 'n baie mooi postuur gehad- 'n mooi vrou- met so skerp spitsneusie en goue-raam brilletjies. Kon die tannetjie darem vir jou die beste Boere-gebak opdis. Sy het nou letterlik niks van die winkelrak afgekoop nie- maar het al haar Boerekosse self gemaak, ingele, gebak, biltong gemaak, wors, koffie gemaal, brood gebak...en wat-ookal 'n mens kan aan dink. Die tipe vrou bestaan vandag met sy vele kitskos-winkels nie meer nie. Dit is 'n ou generasie elite Boere- vrouens wat vinnig besig is om 'n verlore spesie te word.

So het die aand toe nadergesluip- en na 'n heerlike ete van Lamsrib, Vetstert, vars groente uit die tuin uit- en gebraaide mielies op die stronk- het ons mans toe op die stoep gaan sit wat oor die dam uitgekyk het. Oom Koos het sy kromsteel uitgehaal- sy Dinglers -tabaksak geneem...en Dagon gestook. Tannie Chrissie het 'n skinkbord met Boeretroos stoep toe gebring- en toe- soos Boeregebruik- het ons daar in die stilte van die voor-aand – gesit en luister na die tarentale, fisante- en jakkalse wat tussen die koppies besig was om die nag nader te roep. Ek en Japie het gesels oor vroee dae, wat tans in die land aan die gang is met die grens oorlog- en sommer oor baie dinge. Oom Koos het ook nou-en-dan sy insette gelewer.

Dit was hier naby tien se kant- toe die geselskap so 'n dooie-punt begin bereik. Jy weet mos sommer gou wanneer die praat opgedroog het. Nou- Ja- dis toe net hier waar ek oom Koos daar-en-dan bymekaar skraap- en die oue van dae pols oor 'n spookstorie-of twee. Oom Koos- soos sy gebruik- het my eers 'n ruk diep in die siel beloer- en met so skelm stout trek op sy mondhoeke- vorentoe gebuk- sy pyp uitgeklop- en teruggeleun in sy ou riempies gemakstoel.

Spookstories....”- het die ou so mymerend ge-eggo. “ Nee jong Andries...ek glo nie aan sulke twak nie..”- het hy so met 'n grynslag op sy gesig laat weet. “ Ek ken nie baie van die goed nie- maar ek weet net van een van die bangmaak-goeters wat ek eendag by ou Jan Huisamen hier langs-aan gehoor het. Die dag het daar 'n paar snaakse dinge gebeur....maar ja- ek weet ook nie so mooi nie. Ek dink in elk geval dit was ook maar meer die mannetjie se eie verbeelding as iets anders...'- het die oubaas kopskuddend geprewel. Wel- as jy nou wil hoor- da' moet ek seker maar die ding vertel..”- en oom Koos het hom reggeskuif- en eers 'n koppetjie geskink. Ek het opgelet dat selfs Japie heel verras voorgekom het dat sy pa 'n spookstorie gaan vertel- en het ook koffie geneem- en homself reggedraai om die besondere staaltjie aan te hoor.

Hier is sy verhaal dan- sover ek dit kan onthou. Ek het sekere dele van die verhaal al vergeet met die tyd- maar nou ja- ek gee maar die weergawe soos ek nog die verhaaltjie in my geheue het:

"Andries- ja- Die storie het begin toe ek so 'n jaar gelede by Jan gaan boor het vir water. Ek het laat die middag op sy plaas aangekom- so met watertyd voor sononder. Ek het my boormasjien staangemaak teen die koppie doerr agter langs die groot populierbos teen die spruit waar Jan die eerste gat wou gesink het.Dit is so ses myl anderkant sy huis teen die koppie.Dit was nou die enigste plek waar die waterwyser met sy stokkie kon water kry naby die huis,

Die aand het ek en die volk ons tente opgeslaan langs die boor. Jan wou he ek moes by hulle in die huis slaap- maar ek los nie die boor daar alleen nie. Ek het twee of drie nuwe boytjies gehad en was bang daar raak van my gereedskap weg. So – ek het toe maar vir Jan gaan se ek slaap by die boor. So gese- so gedaan. Ons het toe maar die tente staangemaak- en sommer daar 'n lekker vuur aangeslaan en beginne kosmaak.

Die kosmakery het so tot tien-uur die aand aangegaan- en ek het die boor gaan nagaan om te sien of hy reg is vir die volgende dag se werk. Ons moes baie vroeg opstaan- ek wou nie he daar moes probleme uitspring as ons eers begin het nie. Die boys het die pype en die goed nagegaan- en ons is toe so elf-uur se kant in die kooi.

Man Andries- ja- hier het die dinge toe beginne posvat. So teen middernag kom maak ou Jack my wakker. Ek was nie so mooi wakker nie- maar die ou het my so geskud dat my tanne beginne klap het. Toe ek nou leers lekker wakker is- en die slaap nou heeltemal weggeskrik het- sien ek dat al die volk so kring om my staan, - en die vuur net-so hoog sta en brand..”- (Oom Koos beduie met sy hand so vier voet hoog).

“ Ja-...”- en die oubaas steek weer vir Dagon aan en blaas sulke dik rookwolke die aandlug in.” Ja- Daar sit ek toe- weet nie mooi wat aangaan nie- en daar staan die klomp boys skytbang met sulke piering-oe na my en kyk. Man- Dis toe dat ou Jack my vertel daar is 'n bleddie Tokkelos wat in die bos huil. Wat 'n klomp twak- het ek toe maar gedink- en hulle vertel daar is nie sulke goeters nie...hulle moet gaat slaap- die volgende dag is hulle weer aan die slaap- en ons gaat probleme optel as hulle nonsens aanjaag.

Andries- ja – die ouvolk wou toe net mooi niks weet nie- en beginne my dreig dat hulle gaat loop terug na my plaas toe as ek nie gaat kyk wat daar aangaan nie. Ja..wat kan toe maak- en toe staan ek maar op- vat die “torch”- en die .303...en vat pad na die Populierbos toe. Man- ja...ek moet se..ek was ook maar lugtig..die bleddie bos is donker- die boys wil nie 'n voet versit om saam te gaan nie...en ja...daar gaat ek toe op my eie die bleddie bos in om die Tokkelos te gaat opsaal.

Ek het so halfpad in die bos ingestap – toe ek skielik een helse skril huilery hoor. Man- ja- my nekhare het regop gaat staan- maar ek weet daar moes iets agter dit wees- kon dalk 'n Jakkals wees- en vat toe die pad in die rigting waar ek die gesraas gehoor het. Ek het so honderd jaarts gestap deur die bome- toe hoor ek weer die aller verskriklikste gekerm hier skuins reg voor my tussen die bome.” ( Die oudste gooi toe eers vir ons almal 'n koffietjie- en skrou daar op ta' Chrissie om nog te maak.)




Na so paar minute se suig aan Dagon se stert- gaan oom Koos toe voort:” Tja...nou ja..toe ek nou die geskrou hoor hier voor my- haal ek toe maar die .303 van my skouer af- en stoot 'n koeel in die loop. 'n Mens weet mos nie wat hier voor jou gaat opspring uit die bosse nie- en ek wou net reg wees. Andries- so het ek maar versigtig tussen die bome deur geloop- toe ek skielik op 'n groterige oopte- so vyftig jaarts groot- afkom met een helse murasie reg in die middel. Ek het gereken dit was 'n ou stoor of iets- en die geraas moes maar van binne kom.

Andries- ja- ek het baie gejag- en ek het geleer dat die beste manier om 'n buffel te kry- is om maar net doodstil te gaat sit en wag dat hy na jou toe kom. Ek het toe net-daar plat op my bas gaan sit op die rand van die opening- en gewag dat die Tokkelos nou weer moet skreeu- dan gaat ek hom netjies tussen die oe klits.

Andries..man...ek dink ek het so tien minute gewag toe die ding weer kerm- nes 'n bleddie vroumens wat seerkry. Ja- die ding was toe daar iewers in die murasie. Ek het opgestaan- en so kruip-kruip my pad na die murasie toe gevat- die “torch” doodgemaak- en die ding wind-af bekruip.

Man- kinta..ek was net so besig om in die murasie se een deur in te gaat- toe die bleddie ding weer iewers in die donker voor my beginne kerm. Ek het toe maar doodstil gaat staan- en gewag dat ta weer skrou. Ek het nie lank gewag nie- toe huil die ding weer hier voor my. Man- Toe die ding weer beginne skrou- toe slaat ek daardie skietlamp van my aan en lig reguit waar hy geskrou het, die .303 reg langs die flits met die korrel waar die ligkol val. So soek ek toe die ding of sy oog- maar daar was g'n geniks in die murasie nie....dolleeg. Ek het die kant toe- en toe daai kant toe geflits...maar niks.

Man- ek was nog so aan't soeke- toe hoor ek die gekerm weer..sommer hier neffens by my- effe na links se hoek toe.Dit klink kompleet soos 'n vroumens wat in pyn verkeer..so gekla en gehuilery. Ek het toe reguit na die gekerm geflits...maar daar was net mooi niks in die linkerkanste hoek nie. Man- sommer uit pure bed*nnerdgeit uit- skiet ek toe so twee vinnige skote in die hoek se rigting om die bleddie ding op hol te jaag dat ek hom beter kan kry in die oopte. So het ek gewag- maar daar was niks. Man- die ding het nog so paar keer gekerm- en ek het weer 'n skoot-of-twee geskiet...toe besluit ek maar ek het nie lus om die hele bleddie nag daar te staan en spoke jag nie. Ek het net-daar omgedraai en teruggegaan kamp toe...sonder die Tokelossie.

Toe ek nou by die kamp aankom- sit al wat 'n boy is- regop. Ek vertel hulle toe ek het die Tokkelossie weggejaag- en hulle moet gaat slaap. Nee wat- hulle weier volstrek- en vertel my hulle gaat die hele nag wakker sit...jy kan nie 'n Tokkelos doodskiet nie. Nou ja...ek het toe maar gaat slaap...en nie weer die geskrou gehoor nie.

Dievolgende dag het ons toe vroeg beginne om gat te slaan- en begin boor. Dit was ook so agt-uur toe Jan kom draai maak...en vir my Brekvis bring. Man- ja- dis toe hy my vra of ons darem die vorige nag goed geslaap het daar in die veld- dat die geskrouery my opval. Ek vertel hom toe van die storie- en vra sommer watse skuur daar tussen die bome staan. Ja..wel- hier het die outjie my 'n snaakse storie vertel oor die gebou en die geskreeuery....soos ek se..ek weet nie so mooi nie- maar ja.....die outjie vertel my toe dat ons die onheilige drieling gehoor het. Dit was kwansuis nou hulle nag wat hulle aan't skreeue gaat- die vorige nag. Na ek nou die man skeef aangekyk het- het hy my dievolgende ding vertel:



Volgens Jan was daar- in sy oorle pa se tyd gedurende die Boere-oorlog...'n hospitaal daar gewees waar die gebou staan tussen die Populierbosse. Hy is juis daar deur die Boere gebou om hom vir die Kakies weg te steek...so tussen die bome in die middel van die bos. Die Boere wat in die omgewing teen die Kakies baklei het- en in veld geskiet was- was almal soontoe gebring om daar te kom le voor hulle vort is terug oorlog toe.

Nou ja- die nursies was maar almal Boeremeisies van die omgewing en vrouens wat gaat help het om die Boere te versorg. Man- soos ek van Jan verstaan- was daar blykbaar drie onhebbelike meisiekinders wat ook daar gehelp het as nursies- maar die storie het voor die ding al begin.

Die drie- soos ek verstaan- was saam op skool daar in Reitz se omgewing. Die kinders van die skooltjie het naweke saam uitgegaan op uitstappies soos jongmense maar maak. Man- in die skool was daar 'n ander meisiekind wat met een van die rammetjies gekys was- en die drie meisiekinders kon nou net-nie vat kry aan die meisiekind nie. Een van hulle drie het 'n oog op die outjie gehad- en hulle het die arme meisiekind maar stief beginne behandel.Later-aan het hulle haar glo beginne afknou- alles om die mannetjie te los dat die een van die drie wat 'n oog op hom het- hom nou kan kry. Die meisietjie- - het Jan gese - was 'n nooi met die naam Stefanie Voster.

(Oom Koos het toe eers opgestaan en gaan water afslaan- koffie gaan maak omrede tant Chrissie al in die kooi was- en weer kom Boeretroos uitdeel...en Dagon nader geroep.)

“Ja kinta.. waar was ek nou weer gewees....o ja...soos ek gese het- het die ding naderhand beginne lelik hande uitruk- en die drie het die arme Voster meisietjie begin hardhandig handteer. Sy het natuurlik- uit pure trots- nooit by haar ouers gaat kla nie...was seker te skaam- en maar haar ontvlugting by die jongman gesoek. Man...dinge- se Jan- het al erger beginne raak- en een naweek reel die drie toe dat 'n klompie- met die Voster meisie saam- vir die naweek na Wolwekrans toe gaan en langs die rivier gaat uitkamp. So gese – so gedaan.

Man- die klompie is toe daar weg Wolwekrans toe vir die naweek met die perde..so tien of elf van hulle. Dis nou daar- se Jan my- waar dinge lelik skeef geloop het. Terwyl hulle die naweek daar was- het die Voster meisietjie een nag terwyl almal slaap- net skielik verdwyn...g'n siel het geweet waar sy is nie.Hulle het die volgende dag orals na haar gesoek...in die water, die bergie- al langs die rivier...maar sy was skoonveld. Haar perd was nog daar- so- sy moes daar iewers wees...maar daar was g'n teken van haar nie.

Man- twee van die kinders het toe teruggejaag dorp toe- en die Veldkornet gaat haal. Hy het toe 'n paar Boere wat nog tuis was- bymekaar gemaak- en is toe vort Wolwekrans toe. Daar gekom- het hulle dag en nag gesoek- en op die vierde dag kry hulle haar toe. Sy was heel onder die loop- tussen die biesies- daar het hulle haar lyk gekry...al yskoud en stokstyf. Nou ja......hulle het toe almal maar opgesaal- en is toe vort met die kind se oorskot Reitz toe. Sy is aangegee as verdrink...'n tragiese ongeluk. Mense in die omgewing- wat die storie by die skool ken- en van die kinders...het vermoed die drie onhebbelikes het iets te doen gehad met die kind se verdrinking...maar niemand kon iets bewys nie...almal het geslaap en niks gesien of gehoor nie. Van toe af is alle kinders verbied om weer Wolwekrans toe te gaan.

Man Andries – ja..Jan se toe jare het verbygegaan...so ses jaar- toe die oorlog uitbreek- en mense moes gaat help in die hospitaal daar op Jan se plaas. Dit het toe so gekom dat die drie onhebbelikes ook saam daar land in die hospitaaltjie. Soos Jan se- was hulle maar baie gruwelike ongepoetste meisiekinders- en het die gewondes sleg behandel daar in die hospitaal.


Hulle wou nou eenmaal nie daar wees nie- en het gedurig nonsens aangejaag met die siekes sodat hulle moes weggejaag word huistoe....maar die ou tantes het hulle vasgetrap- en hulle moes ook help soos die ander vrouens in die oorlog. Hulle het die siekes mishandel, seergemaak- en net een groot gemors daar aangejaag.

Man ja- Jan se dat daar toe eendag 'n ou man inkom wat geskiet was in die oorlog- en hy het toe daar kom le. Hy het glo nie ver van hier af geboer nie- en sy familie het so elke tweede dag kom inloer- en vir hom roltwak, eetgoedjies, koeksisters, koekies en Mampoer gebring. Die oubaas was in 'n koma of iets- en kon nou nie eet of drink nie- maar die ou vrou het maar in elk geval die goedjies gebring as die oubaas dalk sou wakker word.


Soos ek van Jan verstaan- het die drie helletjies gereeld die ou man se bed besoek- en al sy eetgoed gesteel- en eenkant gaat eet.Man- eendag se Jan- het twee van die merries die oubaas se bed gaat opmaak- en een het iets van die oorle Voster kind gese. Die ander een het haar toe sommer daar-en-dan stil gemaak- en gese die ander siekes sal haar hoor- of miskien die ou man. Die een wat toe die iets kwytgeraak het- het toe die ou man op sy neus geskiet- en gese hy is katwink- en kan niks hoor nie. Sy het toe kliphard aan die oubaas voor die ander een gese dat hulle drie 'n moord gepleeg het- en 'n Voster meisie een aand ontvoer het- en gaat verdrink het by Wolwekrans.

Die ander een was blykbaar baie befoeterd oor sy dit gedoen het- maar nou ja- die oubaas het tog in elk geval niks gehoor nie- en hulle het dit daar gelaat.So het die oorlog toe gevorder- en die drie moes hulle deel maar daar in die hospitaal teen hulle wil doen. Die een wat toe agter die mannetjie aan was- het allerande flikkers beginne gooi by die mannetjie- en hulle het na verloof beginne staan toe die seun ook moes gaat veg- maar hy het gereeld hier kom afsaal.

Man- Jan se eendag kom daar toe so donkerkop meisiekind hier by die hospitaaltjie aan- een van die Boere wat verder suid geveg het- se dogters. Sy word toe ook hier by die hospitaaltjie ingebring om te help. Nou- soos ek verstaan- se Jan dat die ander drie sommer gou 'n gly in die nuwe meisietjie beginne kry het. Sy was 'n baie intelligente kind- stil- en op haar plek. Die moeilikheid het begin toe die mannetjie weer kom afsaal- en haar daar sien. Die tweetjies het onmiddelik 'n paartjie gevorm- en 'n verhouding begin- wat natuurlik die onheilige drie merries hoogs de hel in gemaak het. Hulle het die meisietjie begin treiter- maar anders as die Voster meisie- was die een 'n regte tierkat- en het die drie vinnig op hulle plek gesit- en se Jan- eendag sommer- na nog 'n onderonsie- aldrie van hulle in hulle tent storm geloop - en alle hel uit die drie gevoeter het.

Man- Andries- Jan se op 'n kol begin die drie onhebbelikes toe skielik siek word- hulle hare beginne uitval, maagkrampe- en hulle naels begin uitval. Soos die dae toe vorder- raak al drie toe sieker- en meer sieker. Die drie was heimlik oortuig die nuwe meisietjie was eintlik die Voster meisie wat uit die dood opgestaan het- en 'haar dood op hulle kom wreek het- en ook haar geliefde kom haal het. Hulle het naderhand skaars kon loop- en het agter haar aangeloop- en haar beskuldig dat sy hulle kom straf het. Die meisiekind het natuurlik alles ontken- en gese sy weet nie waarvan die drie praat nie.

So het dinge 'n maand-of so aangegaan- en eendag het eers die een- en die volgende dag die ander een van die drie beswyk aan die siekte.Hulle het glo vreeslik gely voor hulle dood is- en het soos mal diere geskreeu hulle laaste paar dae. Man- Andries- Jan se sy pa vertel dat die laaste een een nag laat dood is- maar voor sy haar oe gesluit het- het daar skielik 'n ou man by haar bed kom staan. Toe sy haar oe vir die laaste keer oopmaak- het sy hom herken as die ou oom wat sy so mishandel het- en op sy neus geskiet het.

Die oubaas het blykbaar haar hare gevryf- en haar gevra of dit lekker is om te weet sy gaan oor 'n paar oomblikke die ewigheid in. Hy vertel haar toe dat – terwyl hy daar gele het- hy wawyd wakker was- maar verlam was en nie 'n spier kon verroer nie- maar hy het alles gehoor wat sy gese het. Hy was – soos die noodlot wou- die Voster meisie se oupa- en het altyd gewonder wat het met sy kleinkind gebeur- die enigste kleinkind wat hy gehad het. Toe die een nou hom op die neus skiet- en boon-op die boontjies uitgooi dat hule drie haar vermoor het- het hy gesweer om hulle te laat betaal vir wat hulle gedoen het.

Twee aande later kon hy van sy spiere beweeg- en het sy lippe se gebruik herwin. Toe sy vrou weer kom kos afgee- het hy sy een maat- wat ook gereeld kom kuier het- gevra om Strignien saam te bring- en elke aand oor die koekies, koeksisters en lekkernye te strooi. Hy het verduidelik hy kan nie eet nie- en die rotte kom elke nag- en kom vreet aan die kos- en dit raak 'n probleem in die hospitaal want elke nag is meer rotte daar. Sy maat het nie vrae gevra nie- en so gemaak.

Hy vertel toe aan die oorblywende meisiekind dat hulle drie elke nag gekom het- en sy kos kom steel het- en lustig elke nag hulle dosis Strignien kom haal het. Hy het toe gesonder geword- en is ontslaan- maar het elke dag kom inloer hoe dit met hulle gaan. Toe hy hoor die ander twee is dood- en sy is op haar laaste- het hy besluit om haar die waarheid te kom vertel sodat sy weet hulle het betaal vir hulle walglike daad.Dit was nie die nuwe meisie wat kom wraak neem het nie- maar hy wat hulle laat betaal het vir die moord op sy kleinkind.

Jan se die meisiekind is toe daarna oorlede- en is daar iewers langs die hospitaaltjie saam met haar twee maats en ander gestorwenes begrawe. Nou se Jan sy pa het gese dat elke jaar- op die nag dat die laaste een doodgegaan het- om twaalfuur- kom die onheilige drieling terug- en herleef weer hulle laaste ure op aarde- dan begin die drie van pyn kerm en skreeu- nes hulle in hulle laaste dae voor hulle afsterwe geskreeu het- 'n foltering wat hulle in lengte van dae sal moet doen- elke jaar -op die nag- moet terugkom en weer kom ly vir hulle sondes. Die Engelse het daarna die plase beginne afbrand- en die vrouens en kinders doodgemaak en weggevat konsentrasiekampe toe. Niemand het van die hospitaal geweet nie- en net 'n paar mense wat daar gewerk het- het die Engelse oorlog oorleef. Die hospitaal is na die plase afgebrand is- net-so gelos...en het vervalle geraak. Dis toe dat die geskreeu beginne het. Jan se hy is al gewoond daaraan- en dit pla hom nie meer nie.Van hy kon onthou- het hy al die geskreeu gehoor elke jaar op die spesifieke nag.

Nou-ja...soos ek gese het- ek het die geskreeu gehoor- maar ek glo nie aan die tipe twak nie. Miskien praat Jan die waarheid- miskien is daar maar 'n ander rede vir die geskreeu. Ons het klaar geboor- en is toe vort daar. Ek was nog nie weer daar by die Populierbos nie- maar die volk se die vroumense skrou nog al die pad daar. Hulle gaat nie naby die bos nie- maar loop so draai om die bos- en ook net in helder ligdag.”


Oom Koos het nog 'n koffetjie ingeskink- en na my en Japie geloer. “ Glo julle mannetjies die storie?” Ek en Japie het maar net vir mekaar geloer- nie mooi geweet wat om te se nie. Ekself het maar liewer stilgebly- ek het al te veel spookstories gehoor om oom Koos te betwyfel- en het maar my uitspraak voorbehou. Oom Koos het tot met sy dood seker nie aan wesens van die anderkant geglo nie. Mens wonder – waar hy nou is- of hy self dalkies 'n spook is- en of hy gaan loer het daar by die hospitaal of die drie wel daar skreeu- nie uit bang-geit uit nie- maar puur nuuskierigheid. Ek- aan die anderkant- weet van beter- en glo daar is wesens wat rondloop hier op ons moderne wereld. U moet maar self besluit of u aan die een gaan herkou.